Kan die dooies regtig weer lewe?
Wat dink jy?
-
ja
-
nee
-
miskien
WAT DIE BYBEL SÊ
‘Daar sal ’n opstanding wees.’ – Handelinge 24:15, Nuwe Wêreld-vertaling.
WAT DIT VIR JOU KAN BETEKEN
Vertroosting wanneer geliefdes sterf. – 2 Korintiërs 1:3, 4.
Vryheid van ’n ongesonde vrees vir die dood. – Hebreërs 2:15.
’n Ware hoop om weer saam met jou geliefdes wat gesterf het, te wees. – Johannes 5:28, 29.
KAN ONS REGTIG GLO WAT DIE BYBEL SÊ?
Ja, vir ten minste drie redes:
-
God het lewe geskep. Die Bybel noem Jehovah God “die bron van lewe” (Psalm 36:9; Handelinge 17:24, 25). Die Een wat lewe gegee het aan alle lewende dinge, kan tog sekerlik iemand wat gesterf het, weer lewend maak.
-
God het mense in die verlede opgewek. Die Bybel vertel van agt gevalle waar mense – jonk, oud, manlik en vroulik – op die aarde weer lewend gemaak is. Party was ’n kort rukkie dood, maar een was vier dae lank in die graf! – Johannes 11:39-44.
-
God wil dit baie graag weer doen. Jehovah haat die dood; hy sien dit as ’n vyand (1 Korintiërs 15:26). Hy kan nie wag om ontslae te raak van hierdie vyand en om die dood deur middel van die opstanding uit te wis nie. Hy wil graag die mense wat in sy geheue is, uit die dood laat opstaan en hulle weer op die aarde sien lewe. – Job 14:14, 15.
IETS OM OOR TE DINK
Hoekom word ons oud en sterf ons?
Die Bybel beantwoord hierdie vraag in GENESIS 3:17-19 en ROMEINE 5:12.