Die tweede boek van Konings 24:1-20

  • Jojakim se opstand en dood (1-7)

  • Jojagin, koning van Juda (8, 9)

  • Eerste groep gevangenes na Babilon geneem (10-17)

  • Sedekia, koning van Juda; sy opstand (18-20)

24  In Jojaʹkim se dae het koning Nebukadneʹsar+ van Babilon teen hom opgetrek, en Jojaʹkim het drie jaar lank sy kneg geword. Maar hy het teen hom in opstand gekom.  Toe het Jehovah rowerbendes van Galdeʹa,+ Sirië, Moab en Ammon teen hom begin stuur. Hy het hulle na Juda bly stuur om dit te vernietig, net soos Jehovah deur middel van sy knegte, die profete, gesê het.+  Dit was op Jehovah se bevel dat dit met Juda gebeur het, sodat hy hulle voor hom kon verwyder+ as gevolg van al die sondes wat Manasʹse gepleeg het+  en die onskuldige mense wat hy doodgemaak het.*+ Want hy het Jerusalem met onskuldige bloed gevul, en Jehovah was nie bereid om te vergewe nie.+  Die res van die geskiedenis van Jojaʹkim en alles wat hy gedoen het, is opgeteken in die boek met die geskiedkundige verslae van die konings van Juda.+  Jojaʹkim het gesterf,*+ en sy seun Jojaʹgin het in sy plek koning geword.  Die koning van Egipte het dit nooit weer gewaag om sy leërmagte uit sy land te stuur nie, want die koning van Babilon het alles geneem wat aan die koning van Egipte behoort het,+ van die Vallei* van Egipte+ af tot by die Eufraatrivier.+  Jojaʹgin+ was 18 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het drie maande lank in Jerusalem regeer.+ Sy ma was Nehusʹta, die dogter van Elʹnatan, van Jerusalem.  Hy het bly doen wat sleg is in Jehovah se oë, net soos sy pa gedoen het. 10  In daardie tyd het die knegte van koning Nebukadneʹsar van Babilon teen Jerusalem opgetrek en die stad beleër.+ 11  Koning Nebukadneʹsar van Babilon het by die stad aangekom terwyl sy knegte dit beleër het. 12  Koning Jojaʹgin van Juda en sy ma, sy knegte, sy hoë amptenare en sy hofbeamptes+ het hulle oorgegee aan die koning van Babilon.+ In die agtste regeringsjaar van die koning van Babilon het hy Jojaʹgin gevange geneem.+ 13  Toe het hy al die skatte uit die huis van Jehovah en die koning se paleis geneem.+ Hy het al die goue voorwerpe stukkend gekap wat Salomo, die koning van Israel, in die tempel van Jehovah gemaak het.+ Dit het gebeur net soos Jehovah voorspel het. 14  Hy het die hele Jerusalem, al die amptenare,+ al die dapper vegters en al die ambagsmanne en metaalwerkers*+ in ballingskap weggeneem – hy het 10 000 in ballingskap weggeneem. Net die armste mense van die land is agtergelaat.+ 15  So het hy Jojaʹgin,+ die koning se ma, die koning se vrouens, sy hofbeamptes en die vooraanstaande manne van die land uit Jerusalem in ballingskap na Babilon geneem.+ 16  Die koning van Babilon het ook al die vegters, altesaam 7 000 manne, in ballingskap weggeneem, sowel as 1 000 ambagsmanne en metaalwerkers.* Hulle was almal sterk manne wat opgelei is om oorlog te voer. 17  Die koning van Babilon het Mattanʹja, Jojaʹgin se oom,+ in sy plek koning gemaak en sy naam na Sedekiʹa+ verander. 18  Sedekiʹa was 21 jaar oud toe hy koning geword het, en hy het 11 jaar lank in Jerusalem regeer. Sy ma was Hamuʹtal,+ die dogter van Jeremia, uit Libna. 19  Hy het bly doen wat sleg is in Jehovah se oë, net soos Jojaʹkim gedoen het.+ 20  Dit was as gevolg van Jehovah se woede dat hierdie dinge in Jerusalem en in Juda gebeur het, en hy het hulle uiteindelik heeltemal verwerp.+ En Sedekiʹa het teen die koning van Babilon in opstand gekom.+

Voetnote

Of “die onskuldige bloed wat hy vergiet het”.
Lett. “is by sy vaders neergelê”.
Of “Wadi”. Sien Woordelys.
Of moontlik “bouers van verskansings”.
Of moontlik “bouers van verskansings”.