Die tweede boek van Samuel 22:1-51

  • Dawid loof God vir sy reddingsdade (1-51)

    • “Jehovah is my groot rots” (2)

    • Jehovah is lojaal aan dié wat lojaal is (26)

22  En Dawid het die woorde van hierdie lied vir Jehovah gesing+ op die dag toe Jehovah hom gered het uit die hand van al sy vyande+ en uit Saul se hand.+  Hy het gesê: “Jehovah is my groot rots en my vesting+ en die Een wat my red.+   My God is my rots,+ by wie ek beskerming soek,my skild+ en my horing* van redding,* my veilige skuilplek*+en die plek waarheen ek kan vlug,+ my redder.+ U red my van geweld.   Ek roep Jehovah aan, wat verdien om geloof te word,en ek sal van my vyande gered word.   Die branders van die dood het om my gebreek.+Stortvloede van nikswerd mense het my baie bang gemaak.+   Die toue van die Graf* was om my.+Ek het voor die strikke van die dood te staan gekom.+   In my angstigheid het ek tot Jehovah geroep.+Ek het tot my God bly roep. Toe het hy vanuit sy tempel my stem gehoor,en my geroep om hulp het sy ore bereik.+   Die aarde het begin skud en bewe,+en die fondamente van die hemel het gebewe+en heen en weer geskud omdat hy woedend gemaak is.+   Rook het uit sy neusgate gekom,en ’n verterende vuur het by sy mond uitgekom.+Gloeiende kole het uit hom voortgekom. 10  Hy het die hemel laat buig terwyl hy neergedaal het,+en daar was digte, donker wolke onder sy voete.+ 11  Hy het op ’n gerub+ gery en aangevlieg gekom. Hy was sigbaar op die vlerke van ’n gees.*+ 12  Toe het hy donkerte rondom hom sy skuiling gemaak,+donker waters en digte wolke. 13  Uit die helderheid voor hom het brandende kole opgevlam. 14  Toe het Jehovah se stem soos donderslae vanuit die hemel gedreun.+Die Allerhoogste het sy stem laat hoor.+ 15  Hy het sy pyle+ geskiet en my vyande verstrooi,weerligstrale om hulle te verwar.+ 16  Die seebodem het sigbaar geword.+Die fondamente van die land is deur die straf van Jehovah blootgelê,deur die geblaas van die asem van sy neusgate.+ 17  Hy het sy hand vanuit die hoogte uitgestrek. Hy het my gegryp en my uit diep waters getrek.+ 18  Hy het my van my sterk vyand gered,+van dié wat my haat, wat sterker was as ek. 19  Hulle het my teëgestaan op die dag van my rampspoed,+maar Jehovah het my ondersteun. 20  Hy het my na ’n veilige plek* uitgebring.+Hy het my gered omdat ek sy goedkeuring geniet.+ 21  Jehovah beloon my volgens my regverdigheid.+Hy vergoed my volgens die onskuld* van my hande.+ 22  Want ek het die weë van Jehovah gevolg,en ek het nie goddeloos opgetree deur my God te verlaat nie. 23  Al sy oordele+ is voor my. Ek sal nie afwyk van sy wetsbepalings+ nie. 24  Ek sal ’n rein lewe voor hom lei,+en ek sal oortreding vermy.+ 25  Mag Jehovah my beloon volgens my regverdigheid,+volgens my onskuld voor hom.+ 26  Aan iemand wat lojaal is, is u lojaal.+Aan iemand wat getrou* is, is u getrou.*+ 27  Vir die een wat rein is, toon u dat u rein is,+maar deur die een wat bedrieglik is, word u nie bedrieg nie.*+ 28  En u red die nederiges,+maar u oë is teen die hoogmoediges, en u verneder hulle.+ 29  O Jehovah, u is my lamp.+Dit is Jehovah wat my duisternis lig maak.+ 30  Met u hulp kan ek ’n rowerbende bestorm,en deur God se krag kan ek teen ’n muur opklim.+ 31  Die weg van die ware God is volmaak,+en die woord van Jehovah is suiwer.+Hy is ’n skild vir almal wat beskerming by hom kom soek.+ 32  Want wie is God buiten Jehovah?+ En wie is ’n rots behalwe ons God?+ 33  Die ware God is my sterk vesting,+en hy sal sorg dat my weg volmaak is.+ 34  Hy maak my voete soos dié van ’n takbok. Hy laat my op hoë plekke staan.+ 35  Hy leer my hande om oorlog te voer,en my arms kan ’n boog van koper span. 36  U gee my u skild van redding,en u nederigheid maak my groot.+ 37  U maak die pad vir my voetstappe breër,en my voete* sal nie gly nie.+ 38  Ek sal my vyande agternasit en hulle doodmaak. Ek sal nie terugkeer totdat hulle vernietig is nie. 39  En ek sal hulle vernietig en verpletter sodat hulle nie sal opstaan nie,+en hulle sal onder my voete val. 40  U sal my krag gee vir die geveg,+en u sal my vyande onder my laat inmekaarsak.+ 41  U sal my vyande van my af laat terugtrek.*+Ek sal ’n einde maak aan dié wat my haat.*+ 42  Hulle roep om hulp, maar daar is niemand om hulle te red nie. Hulle roep selfs tot Jehovah, maar hy antwoord hulle nie.+ 43  Ek sal hulle so fyn stamp soos die stof van die aarde. Ek sal hulle verpletter en vertrap soos modder in die strate. 44  U sal my red van die foutvindery van my volk.+U sal my bewaar om die hoof van nasies te wees.+’n Volk wat ek nie geken het nie, sal my dien.+ 45  Uitlanders sal voor my kruip.+Hulle sal aan my gehoorsaam wees weens wat hulle van my hoor.* 46  Uitlanders sal moed verloor,*en hulle sal bewend uit hulle vestings kom. 47  Jehovah lewe! Mag my Rots+ geloof word! Laat God, die rots van my redding, verheerlik word.+ 48  Die ware God neem wraak vir my.+Hy onderwerp die volke onder my.+ 49  Hy red my van my vyande. U lig my hoog+ bo dié wat my aanval,en u red my van die man van geweld.+ 50  Daarom sal ek u dank onder die nasies,+ o Jehovah, en ek sal liedere sing* om u naam te loof.+ 51  Hy verrig groot reddingsdade* vir sy koning.+Hy betoon lojale liefde aan sy gesalfde, aan Dawid en sy nageslag,* vir ewig.”+

Voetnote

Of “my magtige redder”.
Of “veilige hoogte”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of “die wind”.
Of “ruim plek”.
Lett. “die reinheid”.
Of “onberispelik”.
Of “onberispelik”.
Of moontlik “teenoor die een wat bedrieglik is, sal u optree asof u dwaas is”.
Of “enkels”.
Of “U sal my die rug van my vyande gee”.
Of “Ek sal dié wat my haat, stilmaak”.
Lett. “Wanneer die oor hoor, sal hulle my gehoorsaam”.
Of “wegkwyn”.
Of “musiek maak”.
Of “groot oorwinnings”.
Lett. “saad”.