Habakuk 1:1-17

  • Profeet se uitroep om hulp (1-4)

    • “Hoe lank, o Jehovah?” (2)

    • “Hoekom laat u onderdrukking toe?” (3)

  • Galdeërs, God se middel tot oordeel (5-11)

  • Profeet smeek Jehovah (12-17)

    • ‘My God, u sterf nie’ (12)

    • ‘U is te suiwer om te kyk na wat sleg is’ (13)

1  ’n Belangrike boodskap wat die profeet Haʹbakuk* in ’n visioen ontvang het:   Hoe lank, o Jehovah, moet ek om hulp roep? Wanneer sal u luister?+ Hoe lank moet ek u vra om my van geweld te red? Wanneer sal u ingryp?*+   Hoekom laat u toe dat ek oortreding sien? En hoekom laat u onderdrukking toe? Hoekom is vernietiging en geweld voor my? En hoekom is daar so baie stryery en konflik?   So verloor die wet sy krag,en geregtigheid word nooit uitgevoer nie. Want die goddeloses omring die regverdiges,en daarom word geregtigheid verdraai.+   “Kyk na die nasies en skenk aandag! Staar in verbasing en wees verstom,want iets sal in julle dae gebeurwat julle nie sal glo nie, al word julle daarvan vertel.+   Want ek laat die Galdeërs opstaan,+die genadelose en onstuimige nasie. Hulle trek deur uitgestrekte dele van die aardeom huise in besit te neem wat nie aan hulle behoort nie.+   Hulle is skrikwekkend, en mense is baie bang vir hulle. Hulle stel hulle eie wette en gesag* vas.+   Hulle perde is vinniger as luiperds,en hulle is wreder as wolwe in die nag.+ Hulle oorlogsperde galop voort. Hulle perde kom van ver af. Hulle duik neer soos ’n arend op sy prooi.+   Hulle almal kom en is daarop uit om geweld te pleeg.+ Wanneer hulle gesigte bymekaarkom, is dit soos die oostewind,+en hulle maak gevangenes bymekaar soos die sand. 10  Hulle bespot koningsen lag vir hoë amptenare.+ Hulle lag vir elke vesting.+ Hulle bou ’n wal met grond en neem dit in. 11  Dan beweeg hulle vorentoe soos die wind en gaan deur die land,maar hulle sal skuldig word,+want hulle skryf hulle krag toe aan hulle god.”*+ 12  Bestaan u nie al vir ewig nie, o Jehovah?+ O my God, my Heilige, u sterf nie.*+ O Jehovah, u het hulle aangestel om oordeel uit te voer. My Rots,+ u het hulle gekies om ons te straf.*+ 13  U oë is te suiwer om te kyk na wat sleg is,en u kan goddeloosheid nie verdra nie.+ Hoekom duld u dan die verraaiers+en bly u stil wanneer ’n goddelose mens iemand verslind wat regverdiger is as hy?+ 14  Hoekom maak u die mens soos die visse van die see,soos kruipende diere wat nie ’n heerser het nie? 15  Hy* trek hulle almal met ’n vishoek op. Hy vang hulle in sy sleepnet,en hy maak hulle bymekaar in sy visnet. Dit is hoekom hy baie bly is.+ 16  Dit is hoekom hy offerandes aan sy sleepnet bring,en offers* aan sy visnet,want deur middel van hulle het hy ’n ryk* vangsen goeie voedsel. 17  Sal hy dan aanhou om sy sleepnet leeg te maak?* Sal hy aanhou om nasies dood te maak sonder om jammer te voel?+

Voetnote

Beteken moontlik “vurige omhelsing”.
Of “red”.
Of “waardigheid”.
Of moontlik “hulle god is hulle krag”.
Of moontlik “ons sal nie sterf nie”.
Of “tereg te wys”.
D.w.s. die Galdese vyand.
Of “offerrook”.
Lett. “olieryke”.
Of moontlik “om sy swaard uit te trek”.