Jeremia 14:1-22

  • Droogte, hongersnood en swaard (1-12)

  • Valse profete veroordeel (13-18)

  • Jeremia erken volk se sondes (19-22)

14  Dít is die boodskap van Jehovah wat Jeremia ontvang het oor die droogtes:+   Juda treur,+ en sy poorte is verwaarloos. Hulle sink terneergedruk na die grond toe,en ’n uitroep gaan op van Jerusalem.   En hulle meesters stuur hulle knegte* om water te gaan haal. Hulle gaan na die watergate* en vind geen water nie. Hulle keer terug met leë houers. Hulle kry skaam en is teleurgesteld,en hulle bedek hulle kop.   Omdat die grond gekraak isweens ’n gebrek aan reën op die land,+is die boere ontsteld en bedek hulle hulle kop.   Selfs die takbokooi in die veld verlaat haar pasgeborenes,want daar is geen gras nie.   Die wildedonkies staan op die kaal heuwels. Hulle hyg na hulle asem soos jakkalse. Hulle oë gee in omdat daar geen plantegroei is nie.+   Hoewel ons eie oortredings teen ons getuig,o Jehovah, tree op ter wille van u naam.+ Want ons dade van ontrouheid is baie,+en dit is teen u dat ons gesondig het.   O hoop van Israel, sy Redder+ in moeilike tye,hoekom is u soos ’n vreemdeling in die land,soos ’n reisiger wat net stop om te oornag?   Hoekom is u soos ’n man wat verstom is,soos ’n sterk man wat nie kan red nie? Want u is by ons, o Jehovah,+en u naam is oor ons uitgeroep.+ Moet ons nie verlaat nie. 10  Dít is wat Jehovah van hierdie volk sê: “Hulle is lief daarvoor om rond te dwaal,+ en hulle het nie hulle voete teruggehou nie.+ Daarom is Jehovah nie tevrede met hulle nie.+ Nou sal hy aan hulle oortreding dink en hulle straf vir hulle sondes.”+ 11  Toe het Jehovah vir my gesê: “Moenie bid dat enigiets goeds met hierdie volk gebeur nie.+ 12  Wanneer hulle vas, luister ek nie na hulle smekinge nie,+ en wanneer hulle heelbrandoffers en graanoffers bring, is dit nie vir my aanvaarbaar nie.+ Want ek sal hulle vernietig deur die swaard, hongersnood en vreeslike siektes.”+ 13  Toe het ek gesê: “Ag, Soewereine Heer Jehovah! Die profete sê vir hulle: ‘Julle sal nie die swaard sien nie, en hongersnood sal nie oor julle kom nie, maar ek sal julle ware vrede in hierdie plek gee.’”+ 14  Jehovah het toe vir my gesê: “Die profete profeteer leuens in my naam.+ Ek het hulle nie gestuur of hulle beveel of met hulle gepraat nie.+ Hulle profeteer ’n valse visioen en nuttelose waarsêery en die bedrog van hulle eie hart aan julle.+ 15  Daarom is dít wat Jehovah sê: ‘Die profete wat in my naam profeteer hoewel ek hulle nie gestuur het nie en wat sê dat daar geen swaard of hongersnood in die land sal wees nie, sal deur die swaard en deur die hongersnood doodgaan.+ 16  En die mense vir wie hulle profeteer, sal in die strate van Jerusalem uitgegooi word as gevolg van die hongersnood en die swaard, en daar sal niemand wees om hulle, hulle vrouens, hulle seuns of hulle dogters te begrawe nie,+ want ek sal die rampspoed wat hulle verdien, oor hulle uitstort.’+ 17  “Jy moet hierdie boodskap vir hulle gee: ‘Laat trane dag en nag uit my oë stroom, en laat dit nie ophou nie,+want die maagdelike dogter van my volk is heeltemal verpletter en gebreek,+met ’n wond wat verskriklik erg is. 18  As ek in die veld uitgaan en kyk,sien ek dié wat met die swaard doodgemaak is!+ En as ek in die stad inkom,sien ek die siektes as gevolg van die hongersnood!+ Want die profeet en die priester het rondgetrek in ’n land wat hulle nie ken nie.’”+ 19  Het u Juda heeltemal verwerp, of het u Sion gehaat?+ Hoekom het u ons geslaan, sodat daar geen genesing vir ons is nie?+ Daar was hoop op vrede, maar niks goeds het gekom nie,op ’n tyd van genesing, maar daar is net vrees!+ 20  Ons erken ons goddeloosheid, o Jehovah,en die oortreding van ons voorvaders,want ons het teen u gesondig.+ 21  Ter wille van u naam moet u ons nie verwerp nie.+ Moenie u glorieryke troon verwerp nie. Onthou tog, en moenie u verbond met ons verbreek nie.+ 22  Kan enige van die waardelose afgode van die nasies reën gee,of kan die hemel vanself reënbuie gee? Is dit nie net u wat dit kan doen nie, o Jehovah ons God?+ En ons hoop op u,want u alleen het al hierdie dinge gedoen.

Voetnote

Of “hulle geringes”.
Of “die waterslote; die reënputte”.