Jeremia 19:1-15

  • Jeremia beveel om kleifles te breek (1-15)

    • Kinderoffers aan Baäl (5)

19  Dít is wat Jehovah gesê het: “Gaan koop ’n kleifles by ’n pottebakker.+ Neem van die ouermanne van die volk en van die ouermanne van die priesters saam,  en gaan uit na die Vallei van die Seun van Hinnom,+ by die ingang van die Potskerwepoort. En verkondig daar die woorde wat ek vir jou sê.  Jy moet sê: ‘Hoor die woord van Jehovah, o konings van Juda en inwoners van Jerusalem. Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “‘“Ek staan op die punt om rampspoed oor hierdie plek te bring, en enigiemand wat hiervan hoor, sal sy ore nie kan glo nie.*  Dit is omdat hulle my verlaat het+ en hierdie plek onherkenbaar gemaak het.+ Hier bring hulle offerandes aan ander gode, wat hulle en hulle voorvaders en die konings van Juda nie geken het nie, en hulle het hierdie plek gevul met die bloed van die onskuldiges.+  Hulle het die offerhoogtes van Baäl gebou om hulle seuns in die vuur te verbrand as heelbrandoffers aan Baäl,+ iets wat ek nie beveel het of van gepraat het nie en wat nooit eers in my hart opgekom het nie.”’*+  “‘“Daarom kom die dae,” sê Jehovah, “wanneer hierdie plek nie meer Tofet of die Vallei van die Seun van Hinnom genoem sal word nie, maar die Moordvallei.+  Ek sal die planne van Juda en Jerusalem in hierdie plek laat misluk, en ek sal hulle deur die swaard voor hulle vyande laat val en deur die hand van dié wat hulle wil doodmaak. En ek sal hulle lyke gee as kos vir die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde.+  Ek sal hierdie stad iets skokkends maak en iets om oor te fluit. Elkeen wat daar verbygaan, sal geskok staar en oor al sy plae fluit.+  Ek sal hulle die vlees van hulle seuns en hulle dogters laat eet, en hulle sal elkeen die vlees van sy medemens eet as gevolg van die beleëring en hulle desperaatheid wanneer hulle vasgekeer is deur hulle vyande en dié wat hulle wil doodmaak.”’+ 10  “Breek dan die fles voor die oë van die manne wat saam met jou gaan 11  en sê vir hulle: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: “Dít is hoe ek hierdie volk en hierdie stad sal breek, soos iemand wat ’n pottebakker se houer breek sodat dit nooit weer heelgemaak kan word nie, en hulle sal die dooies in Tofet begrawe totdat daar nie meer plek is om hulle te begrawe nie.”’+ 12  “‘Dít is wat ek aan hierdie plek sal doen,’ sê Jehovah, ‘en aan die inwoners daarvan, om hierdie stad soos Tofet te maak. 13  En die huise van Jerusalem en die huise van die konings van Juda sal onrein word soos hierdie plek, Tofet,+ ja, al die huise waar hulle op die dakke offerandes vir die hele leërmag van die hemel gebring het+ en drankoffers vir ander gode uitgegooi het.’”+ 14  Toe Jeremia van Tofet teruggekeer het, waarheen Jehovah hom gestuur het om te profeteer, het hy in die voorhof van die huis van Jehovah gestaan en vir die hele volk gesê: 15  “Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: ‘Ek bring oor hierdie stad en oor al sy dorpe al die rampspoed wat ek daarteen gespreek het, omdat hulle hardkoppig geweier het* om my woorde te gehoorsaam.’”+

Voetnote

Lett. “se ore sal tuit”.
Of “waaraan ek nooit eers gedink het nie”.
Lett. “hulle nek verhard het”.