Jeremia 21:1-14

  • Jehovah weier Sedekia se versoek (1-7)

  • Volk moet lewe of dood kies (8-14)

21  Jeremia het ’n boodskap van Jehovah ontvang toe koning Sedekiʹa+ vir Pasgur,+ die seun van Malkiʹa, en Sefanʹja,+ die seun van Maäseʹja, die priester, na hom toe gestuur het om te vra:  “Vra Jehovah asseblief vir leiding namens ons, want koning Nebukadneʹsar* van Babilon voer oorlog teen ons.+ Miskien sal Jehovah een van sy wonderlike werke ter wille van ons verrig, sodat hy van ons af sal wegtrek.”+  Jeremia het vir hulle gesê: “Dít is wat julle vir Sedekiʹa moet sê:  ‘Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: “Kyk, ek draai die oorlogswapens teen julle* wat in julle hande is en waarmee julle veg teen die koning van Babilon+ en teen die Galdeërs wat buite die muur is en julle beleër. En ek sal dit* in die middel van hierdie stad versamel.  Ek sal teen julle veg+ met ’n uitgestrekte hand en ’n magtige arm, met groot woede en groot verontwaardiging.+  Ek sal die inwoners van hierdie stad met ’n vreeslike siekte tref, mens sowel as dier, en hulle sal as gevolg daarvan sterf.”’+  “‘“En daarna,” sê Jehovah, “sal ek koning Sedekiʹa van Juda en sy knegte en die volk van hierdie stad – dié wat die vreeslike siektes, die swaard en die hongersnood oorleef – in die hand gee van koning Nebukadneʹsar* van Babilon, in die hand van hulle vyande en in die hand van dié wat hulle wil doodmaak.+ Hy sal hulle met die swaard doodmaak. Hy sal hulle nie jammer kry nie, en hy sal ook nie medelye* hê of enige genade betoon nie.”’+  “En jy moet vir hierdie volk sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Kyk, ek gee julle die keuse tussen die weg van die lewe en die weg van die dood.  Dié wat in hierdie stad bly, sal deur die swaard, deur hongersnood en deur vreeslike siektes sterf. Maar almal wat uitgaan en hulle oorgee aan die Galdeërs deur wie julle beleër word, sal bly lewe, en hulle lewe sal gespaar word.”’+ 10  “‘“Want ek het teen hierdie stad gedraai om rampspoed daaroor te bring in plaas van iets goeds,”+ sê Jehovah. “Dit sal in die hand van die koning van Babilon gegee word,+ en hy sal dit met vuur verbrand.”+ 11  “‘Aan die huisgesin van die koning van Juda: Hoor die woord van Jehovah. 12  O huis van Dawid, dít is wat Jehovah sê: “Sorg dat daar elke oggend geregtigheid is,en red die een wat beroof word uit die hand van die bedrieër,+sodat my woede nie as gevolg van julle slegte dade+soos ’n vuur opvlam+ en brandsonder dat enigiemand dit blus nie.”’ 13  ‘Kyk, ek is teen jou, o inwoner van die vallei,o rots van die vlakte,’ sê Jehovah. ‘En julle wat sê: “Wie sal teen ons afkom? En wie sal ons woonplekke binnedring?” 14  Ek sal julle strafvir wat julle gedoen het,’+ sê Jehovah. ‘En ek sal haar woud aan die brand steek,en die vuur sal alles om haar verteer.’”+

Voetnote

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Of “ek keer die oorlogswapens om”.
Of “hulle”.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.