Jeremia 3:1-25

  • Erns van Israel se afvalligheid (1-5)

  • Israel en Juda skuldig aan egbreuk (6-11)

  • Versoek om berou te toon (12-25)

3  Mense vra: “As ’n man sy vrou wegstuur en sy hom verlaat en ’n ander man s’n word, mag hy dan nog na haar toe terugkeer?” Is daardie land nie heeltemal besoedel nie?+ “Jy het met baie mans prostitusie gepleeg,+en wil jy nou na my toe terugkeer?” sê Jehovah.   “Kyk op na die kaal heuwels. Waar is jy nie verkrag nie? Jy het langs die paaie vir hulle gesit en wag,soos ’n swerwer* in die wildernis. Jy hou aan om die land te besoedelmet jou prostitusie en jou goddeloosheid.+   Daarom word die reënbuie teruggehou+ en is daar geen reën in die lente nie. Jy het die skaamtelose uitdrukking* van ’n getroude vrou wat prostitusie pleeg. Jy weier om skaam te voel.+   Maar nou roep jy na my toe uit: ‘My Vader, u is my vriend van jongs af!+   Moet u vir ewig kwaad blyof altyd ’n wrok koester?’ Dit is wat jy sê,maar jy hou aan om soveel slegte dinge te doen as wat jy kan.”+  In koning Josiʹa+ se tyd het Jehovah vir my gesê: “‘Het jy gesien wat die ontroue Israel gedoen het? Sy het gegaan om op elke hoë berg en onder elke groot boom prostitusie te pleeg.+  Selfs nadat sy al hierdie dinge gedoen het, het ek aanhoudend gesê dat sy na my toe moet terugkeer,+ maar sy het nie teruggekeer nie, en Juda het haar bedrieglike suster heeltyd dopgehou.+  Toe ek dit sien, het ek die ontroue Israel met ’n skeibrief+ weggestuur omdat sy egbreuk gepleeg het.+ Maar haar ontroue suster, Juda, het nie bang geword nie. Sy het ook uitgegaan en prostitusie gepleeg.+  Sy het haar prostitusie nie ernstig opgeneem nie, en sy het aangehou om die land te besoedel en om egbreuk te pleeg met klippe en met bome.+ 10  Ten spyte van alles het haar bedrieglike suster, Juda, nie met haar hele hart na my toe teruggekeer nie. Sy het net gemaak asof sy dit doen,’ sê Jehovah.” 11  Jehovah het toe vir my gesê: “Ontroue Israel het getoon dat sy regverdiger is as die bedrieglike Juda.+ 12  Gaan verkondig hierdie woorde aan die noorde:+ “‘“Keer terug, o ontroue Israel,” sê Jehovah.’+ ‘“Ek sal nie kwaad na julle kyk nie,+ want ek is lojaal,” sê Jehovah.’ ‘“Ek sal nie vir ewig kwaad bly nie. 13  Maar erken net jou skuld, want jy het teen Jehovah jou God in opstand gekom. Jy het aangehou om jou gunste* onder vreemdelinge* te verstrooi, onder elke groot boom, maar jy wou nie doen wat ek sê nie,” sê Jehovah.’” 14  “Keer terug, ontroue kinders,” sê Jehovah. “Want ek het julle ware meester* geword, en ek sal julle neem, een uit ’n stad en twee uit ’n familie, en ek sal julle na Sion bring.+ 15  Ek sal vir julle herders gee na my eie hart,+ en hulle sal julle met kennis en insig voed. 16  In daardie dae sal julle baie word en vrug dra in die land,” sê Jehovah.+ “Hulle sal nie meer sê: ‘Die ark van die verbond van Jehovah!’ nie. Dit sal nie in die hart opkom nie, en hulle sal ook nie daaraan dink of daarna verlang nie, en dit sal nie weer gemaak word nie. 17  In daardie tyd sal hulle Jerusalem die troon van Jehovah noem,+ en al die nasies sal in Jerusalem bymekaargebring word om die naam van Jehovah te loof,+ en hulle sal nie meer hardkoppig wees en hulle goddelose hart volg nie.” 18  “In daardie dae sal hulle saam loop, die huis van Juda langs die huis van Israel,+ en hulle sal saam uit die land van die noorde kom na die land wat ek as ’n erfdeel aan julle voorvaders gegee het.+ 19  En ek het gedink aan hoe ek jou ’n plek by die seuns gegee het en die begeerlike land aan jou gegee het, die pragtigste erfdeel onder die nasies!*+ Ek het ook gedink dat julle vir my sou sê: ‘My Vader!’ en dat julle nie sou ophou om my te volg nie. 20  ‘Maar net soos ’n ontroue vrou haar man* verlaat, so was julle, o huis van Israel, ook ontrou aan my,’+ sê Jehovah.” 21  Op die kaal heuwels word ’n geluid gehoor,die gehuil en die gesmeek van die Israeliete,want hulle het ’n verkeerde weg ingeslaan,en hulle het Jehovah hulle God vergeet.+ 22  “Keer terug, julle ontroue kinders. Ek sal julle van julle ontrouheid genees.”+ “Hier is ons! Ons het na u toe gekom,want u, o Jehovah, is ons God.+ 23  Toe ons op die heuwels en op die berge ’n lawaai gemaak het, het ons onsself bedrieg.+ Ja, by Jehovah ons God is die redding van Israel.+ 24  Maar die skandelike ding* het van ons jong dae af die harde werk van ons voorvaders verteer,+hulle kleinvee en hulle beeste,hulle seuns en hulle dogters. 25  Laat ons gaan lê in ons skaamte,en laat ons skande ons bedek,want ons het teen Jehovah ons God gesondig,+ons en ons vaders, van ons jong dae af tot vandag toe,+en ons het nie die stem van Jehovah ons God gehoorsaam nie.”

Voetnote

Lett. “Arabier”.
Lett. “die voorkop”.
Lett. “weë”.
Of “vreemde gode”.
Of moontlik “julle man”.
Lett. “van die leërmagte van die nasies”.
Lett. “metgesel”.
Of “die skandelike god”.