Jeremia 30:1-24

  • Beloftes van herstel en genesing (1-24)

30  Jeremia het die volgende boodskap van Jehovah ontvang:  “Dít is wat Jehovah, die God van Israel, sê: ‘Skryf in ’n boek al die woorde wat ek vir jou sê.  Want “die dae kom,” sê Jehovah, “wanneer ek die gevangenes van my volk, Israel en Juda,+ sal versamel,” sê Jehovah, “en ek sal hulle terugbring na die land wat ek aan hulle voorvaders gegee het, en hulle sal dit weer besit.”’”+  Dít is die woorde wat Jehovah vir Israel en Juda gesê het.   Dít is wat Jehovah sê: “Ons het uitroepe van paniek gehoor. Daar is vrees, en geen vrede nie.   Vra asseblief of ’n man geboorte kan gee. Hoekom sien ek dan elke sterk man met sy hande op sy maag*soos ’n vrou wat geboorte gee?+ Hoekom het elke gesig bleek geword?   Hoe verskriklik! Want daardie dag is ’n verskriklike* dag.+ Geen ander dag kan daarmee vergelyk word nie,’n tyd van angs vir Jakob. Maar hy sal daaruit gered word.”  “En in daardie dag,” sê Jehovah van die leërmagte, “sal ek die juk breek wat op jou nek is en jou rieme* in twee skeur, en vreemdelinge* sal nie meer ’n slaaf van hom* maak nie.  Hulle sal Jehovah hulle God dien, sowel as Dawid hulle koning, wat ek vir hulle sal gee.”+ 10  “En jy, my kneg Jakob, moenie bang wees nie,” sê Jehovah,“en moenie vrees nie, o Israel.+ Want ek sal jou van ver af red,en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap.+ Jakob sal terugkeer en rus en vrede hê,en daar sal niemand wees wat hulle bang maak nie.”+ 11  “Want ek is met jou,” sê Jehovah, “om jou te red. Ek sal al die nasies vernietig waarheen ek jou verstrooi het,+maar ek sal jou nie vernietig nie.+ Ek sal jou in die regte mate dissiplineer,*en ek sal jou beslis nie ongestraf laat bly nie.”+ 12  Want dít is wat Jehovah sê: “Daar is geen genesing vir jou ineenstorting nie.+ Jou wond is ongeneeslik. 13  Daar is niemand om jou saak te verdedig nie. Daar is geen genesing vir jou sweer nie. Daar is geen geneesmiddel vir jou nie. 14  Almal wat jou intens liefgehad het, het jou vergeet.+ Hulle kom soek jou nie meer nie. Want met die slag van ’n vyand het ek jou geslaan,+met ’n wrede straf,as gevolg van jou groot skuld en al jou sondes.+ 15  Hoekom skree jy weens jou ineenstorting? Jou pyn is ongeneeslik! As gevolg van jou groot skuld en al jou sondes+het ek dit aan jou gedoen. 16  Daarom sal almal wat jou verslind, verslind word,+en al jou vyande sal ook in gevangenskap gaan.+ Dié wat jou stroop, sal gestroop word,en ek sal toelaat dat almal wat jou beroof, beroof word.”+ 17  “Maar ek sal jou gesond maak en jou wonde genees,”+ sê Jehovah,“al het hulle jou beskryf as iemand wat uitgegooi is: ‘Sion, na wie niemand soek nie.’”+ 18  Dít is wat Jehovah sê: “Ek versamel die gevangenes van die tente van Jakob,+en ek sal jammer voel vir sy wonings. Die stad sal op sy heuwel herbou word,+en die versterkte toring sal op sy regmatige plek staan. 19  En uit hulle sal danksegging kom, en uitroepe van vreugde.+ Ek sal hulle vermeerder, en hulle sal nie min wees nie.+ Ek sal hulle baie* maak,en hulle sal nie onbelangrik wees nie.+ 20  Sy seuns sal word soos in die verlede,en sy vergadering sal stewig gevestig word voor my.+ Ek sal met al sy onderdrukkers afreken.+ 21  Sy glorieryke leier sal een van sy eie mense wees,en uit sy midde sal sy heerser verskyn. Ek sal hom laat nader kom, en hy sal na my toe kom.” “Want wie sou dit andersins durf* om my te nader?” sê Jehovah. 22  “En julle sal my volk word,+ en ek sal julle God wees.”+ 23  ’n Windstorm van Jehovah sal met woede losbars,+’n verwoestende warrelwind wat oor die goddeloses kom. 24  Die brandende woede van Jehovah sal nie terugdraaitotdat hy uitgevoer en gedoen het wat hy hom in sy hart voorgeneem het nie.+ Aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.+

Voetnote

Of “lendene”.
Lett. “groot”.
Lett. “bande”.
Of “uitlanders”.
Of “hulle”.
Of “teregwys”.
Of moontlik “geëerd”.
Lett. “sy hart as pand gee”.