Jeremia 39:1-18

  • Val van Jerusalem (1-10)

    • Sedekia vlug en word gevang (4-7)

  • Jeremia sal beskerm word (11-14)

  • Ebed-Meleg se lewe sal gespaar word (15-18)

39  In die negende jaar van koning Sedekiʹa van Juda, in die tiende maand, het koning Nebukadneʹsar* van Babilon en sy hele leërmag na Jerusalem toe gekom en dit beleër.+  In die 11de jaar van Sedekiʹa, in die vierde maand, op die negende dag van die maand, het hulle deur die stad se muur gebreek.+  En al die bevelvoerders van die koning van Babilon het ingegaan en in die Middelpoort+ gaan sit, naamlik Nerʹgal-Sareʹser, die Samgar, Nebo-Sarʹsegim, die Rabʹsaris,* Nerʹgal-Sareʹser, die Rabmag,* en die res van die bevelvoerders van die koning van Babilon.  Toe koning Sedekiʹa van Juda en al die soldate hulle sien, het hulle gevlug+ en in die nag deur die koning se tuin gegaan en deur die poort tussen die twee mure uit die stad uitgegaan, en hulle het gebly op die pad van die Aʹraba.+  Maar die leërmag van die Galdeërs het hulle agternagesit, en hulle het Sedekiʹa in die woestynvlaktes van Jeʹrigo ingehaal.+ Hulle het hom gevang en hom gebring na koning Nebukadneʹsar* van Babilon, in Ribla,+ in die land Hamat,+ waar hy hom gevonnis het.  Die koning van Babilon het die seuns van Sedekiʹa voor sy oë daar in Ribla laat doodmaak, en die koning van Babilon het al die belangrike mense van Juda laat doodmaak.+  Toe het hy Sedekiʹa se oë verblind, en daarna het hy sy voete in koperboeie gesit om hom na Babilon te neem.+  Die Galdeërs het toe die koning se paleis* en die huise van die volk afgebrand,+ en hulle het die mure van Jerusalem afgebreek.+  Nebusaraʹdan,+ die hoof van die wagte, het die res van die volk wat in die stad oorgebly het, die mense wat na hom oorgeloop het en almal wat agtergebly het, in ballingskap na Babilon weggeneem. 10  Maar Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, het van die armste mense, dié wat niks gehad het nie, in die land van Juda agtergelaat. Op daardie dag het hy ook vir hulle wingerde en landerye gegee om te bewerk.*+ 11  Koning Nebukadneʹsar* van Babilon het toe vir Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, hierdie bevele in verband met Jeremia gegee: 12  “Neem hom en sorg vir hom. Moet hom geen kwaad aandoen nie, en gee vir hom wat hy ook al van jou vra.”+ 13  Nebusaraʹdan, die hoof van die wagte, Nebusasʹban, die Rabʹsaris,* Nerʹgal-Sareʹser, die Rabmag,* en al die belangrikste manne van die koning van Babilon het 14  Jeremia uit die Voorhof van die Wagte+ laat haal en hom in die sorg geplaas van Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ om na Gedalʹja se huis geneem te word. Hy het dus onder die volk gewoon. 15  Terwyl Jeremia in die Voorhof van die Wagte opgesluit was,+ het Jehovah met hom gepraat en gesê: 16  “Gaan sê vir Ebed-Meleg,+ die Etiopiër: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Ek laat my woorde teen hierdie stad waar word, sodat rampspoed sal kom in plaas van iets goeds, en op daardie dag sal jy dit sien gebeur.”’ 17  “‘Maar ek sal jou op daardie dag red,’ sê Jehovah, ‘en jy sal nie oorgelewer word aan die manne vir wie jy bang is nie.’ 18  “‘Want ek sal jou beslis laat wegkom, en jy sal nie deur die swaard val nie. Jou lewe sal gespaar word+ omdat jy op my vertrou het,’+ sê Jehovah.”

Voetnote

Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Of, volgens ’n ander woordverdeling van die Hebreeuse teks: “Nergal-Sareser, Samgar-Nebo, Sarsegim, Rabsaris”.
Of “die hooftowenaar (hoofsterrevoorspeller)”.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Lett. “huis”.
Of moontlik “wingerde gegee en verpligte diens opgelê”.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Of “die hoofhofbeampte”.
Of “die hooftowenaar (hoofsterrevoorspeller)”.