Jeremia 4:1-31

  • Berou bring seëninge (1-4)

  • Rampspoed sal uit noorde kom (5-18)

  • Jeremia se pyn oor komende rampspoed (19-31)

4  “As jy terugkeer, o Israel,” sê Jehovah,“as jy na my toe terugkeeren as jy jou walglike afgode voor my verwyder,sal jy nie ’n vlugteling wees nie.+   En as jy in waarheid, geregtigheid en regverdigheid sweer en sê: ‘So waar as wat Jehovah lewe!’ dan sal die nasies ’n seën vir hulleself deur hom verkry,en hulle sal oor hom spog.”+  Want dít is wat Jehovah vir die manne van Juda en vir Jerusalem sê: “Ploeg vir julle bewerkbare grond,en moenie aanhou om tussen dorings te saai nie.+   Besny julle vir Jehovah,en verwyder die voorhuid van julle hart,+o manne van Juda en inwoners van Jerusalem,sodat my woede nie weens julle slegte dadesoos ’n vuur opvlam en brandsonder dat enigiemand dit kan blus nie.”+   Vertel dit in Juda en verkondig dit in Jerusalem. Skree en blaas op ’n horing deur die hele land.+ Roep hard uit en sê: “Kom bymekaaren laat ons na die versterkte stede vlug.+   Rig ’n teken* op wat die rigting na Sion wys. Soek skuiling, en moenie stilstaan nie,”want ek bring rampspoed uit die noorde,+ ’n groot ineenstorting.   Hy het soos ’n leeu uit sy bos verskyn.+ Die vernietiger van nasies is op pad.+ Hy het uit sy plek gekom om jou land iets skokkends te maak. Jou stede sal verwoes word, sonder ’n enkele inwoner.+   Trek dus saklinne aan,+treur* en huil,want die brandende woede van Jehovah is nog steeds teen ons.   “Op daardie dag,” sê Jehovah, “sal die koning moed verloor,*+en ook die leiers.* Die priesters sal geskok wees, en die profete sal verbaas wees.”+ 10  Toe het ek gesê: “Ag, Soewereine Heer Jehovah! U het hierdie volk en Jerusalem heeltemal bedrieg+ deur te sê: ‘Julle sal vrede hê,’ terwyl die swaard teen ons keel is.”+ 11  In daardie tyd sal daar vir hierdie volk en vir Jerusalem gesê word: “’n Verskroeiende wind van die dorre heuwels van die woestynsal teen die dogter van* my volk waai. Dit kom nie om kaf weg te waai of om graan te suiwer nie. 12  Op my bevel waai die wind met al sy krag van hierdie plekke af. Nou sal ek oordele teen hulle uitspreek. 13  Kyk! Hy sal soos reënwolke kom,en sy strydwaens is soos ’n stormwind.+ Sy perde is vinniger as arende.+ Dit is verby met ons, want ons is verwoes! 14  Was jou hart skoon van goddeloosheid, o Jerusalem, sodat jy gered kan word.+ Hoe lank sal jy goddelose gedagtes bly dink? 15  Want ’n stem vertel die nuus uit Dan,+en dit verkondig rampspoed uit die berge van Eʹfraim. 16  Vertel dit, ja, aan die nasies,verkondig dit teen Jerusalem.” “Wagte* kom uit ’n ver land,en hulle sal hulle stem laat hoor teen die stede van Juda. 17  Hulle kom van alle kante teen haar soos wagte van die oop veld,+omdat sy teen my in opstand gekom het,”+ sê Jehovah. 18  “Jy sal die gevolge dra van jou weë en dade.+ Hoe bitter is jou rampspoed,want dit kom selfs tot by jou hart!” 19  O my angs,* my angs! Ek voel groot pyn in my hart.* My hart klop hewig binne-in my. Ek kan nie stilbly nie,want ek het die geluid van die horing gehoor,die alarmsein van oorlog.*+ 20  Berigte word ontvang van die een ramp ná die ander,want die hele land is vernietig. Skielik is my eie tente vernietig,in ’n oomblik my tentdoeke.+ 21  Hoe lank sal ek die teken* nog sienen die geluid van die horing nog hoor?+ 22  “Want my volk is dwaas.+ Hulle steur hulle nie aan my nie. Hulle is dom kinders, sonder enige begrip. Hulle is slim* genoeg om te doen wat sleg is,maar hulle weet nie hoe om te doen wat goed is nie.” 23  Ek het na die land gekyk en gesien dat dit leeg en verlate is.+ Ek het na die hemel gekyk, en daar was nie meer lig nie.+ 24  Ek het na die berge gekyk en gesien dat hulle beween dat die heuwels skud.+ 25  Ek het gekyk en gesien dat daar niemand is nieen dat al die voëls van die hemel gevlug het.+ 26  Ek het gekyk en gesien dat die vrugteboord ’n wildernis geword heten dat al die stede daarvan afgebreek is.+ Dit was as gevolg van Jehovah,as gevolg van sy brandende woede. 27  Want dít is wat Jehovah sê: “Die hele land sal verlate word,+maar ek sal nie ’n algehele vernietiging veroorsaak nie. 28  Om hierdie rede sal die land treur+en sal die hemel daar bo donker word.+ Dit is omdat ek gepraat het, omdat ek besluit het,en ek sal nie van gedagte verander* of omdraai nie.+ 29  Wanneer die perderuiters en die boogskutters gehoor word,vlug die hele stad.+ Hulle gaan in die digte bosse in,en hulle klim op die rotse.+ Elke stad is verlate,en geen mens woon daarin nie.” 30  Wat sal jy doen noudat jy verwoes is? Jy het altyd helderrooi klere gedraen jou met goue juwele versieren jou oë met swart verf* vergroot. Maar jy het jou verniet mooi gemaak,+want diegene wat jou vurig begeer het, het jou verwerp. Hulle wil jou nou doodmaak.+ 31  Want ek het die gekreun gehoor soos dié van ’n vrou wat in pyn is,*die benoudheid soos dié van ’n vrou wat aan haar eerste kind geboorte gee,die stem van die dogter van Sion wat na asem bly snak. Terwyl sy haar palms uitstrek, sê sy:+ “Dit is verby met my, want ek is uitgeput as gevolg van die moordenaars!”

Voetnote

Of “seinpaal”.
Of “slaan op julle bors”.
Lett. “en die hart van die leiers”.
Lett. “sal die koning se hart ingee”.
Digterlike verpersoonliking, moontlik om jammerte of simpatie uit te druk.
D.w.s. dié wat die stad dophou om vas te stel wanneer om aan te val.
Lett. “my ingewande”.
Lett. “in die wande van my hart”.
Of moontlik “die geluid van die oorlogskreet”.
Of “seinpaal”.
Of “wys”.
Of “spyt voel”.
Of “oogskadu”.
Of moontlik “’n siek vrou”.