Jeremia 43:1-13

  • Volk ongehoorsaam; gaan Egipte toe (1-7)

  • Jehovah se boodskap aan Jeremia in Egipte (8-13)

43  Nadat Jeremia vir die hele volk al hierdie woorde van Jehovah hulle God gesê het, elke liewe woord wat Jehovah hulle God hom gestuur het om vir hulle te sê,  het Asarʹja, die seun van Hosaʹja, Johaʹnan,+ die seun van Kareʹag, en al die vermetele* manne vir Jeremia gesê: “Jy lieg! Jehovah ons God het jou nie gestuur om te sê: ‘Moenie na Egipte toe gaan om daar te gaan woon nie.’  Maar Barug,+ die seun van Neriʹa, steek jou teen ons op sodat ons aan die Galdeërs oorgelewer kan word en doodgemaak of in ballingskap na Babilon weggeneem kan word.”+  Johaʹnan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die leërmag en die hele volk het dus nie Jehovah se bevel gehoorsaam om in die land van Juda te bly nie.  Johaʹnan, die seun van Kareʹag, en al die hoofde van die leërmag het eerder die hele oorblyfsel van Juda saam met hulle geneem, dit wil sê die oorblyfsel wat weer in die land van Juda kom woon het nadat hulle teruggekeer het uit al die nasies waarheen hulle verstrooi is.+  Hulle het die manne, die vroue, die kinders en die dogters van die koning geneem, en almal wat Nebusaraʹdan,+ die hoof van die wagte, laat agterbly het by Gedalʹja,+ die seun van Ahiʹkam,+ die seun van Safan,+ sowel as die profeet Jeremia en Barug, die seun van Neriʹa.  Hulle het na Egipte gegaan, want hulle het nie die stem van Jehovah gehoorsaam nie, en hulle het tot by Tagpanʹhes+ gegaan.  Toe het Jehovah in Tagpanʹhes met Jeremia gepraat en gesê:  “Neem groot klippe in jou hand, en steek dit weg in die messelklei in die baksteenterras by die ingang van die huis van Farao in Tagpanʹhes, terwyl die Joodse manne sien wat jy doen. 10  Sê dan vir hulle: ‘Dít is wat Jehovah van die leërmagte, die God van Israel, sê: “Ek sal my kneg+ Nebukadneʹsar,* die koning van Babilon, laat kom, en ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat ek weggesteek het, en hy sal sy koninklike tent daaroor uitsprei.+ 11  En hy sal kom en Egipte aanval.+ Almal wat deur die dodelike plaag moet sterf, sal deur die dodelike plaag sterf, en almal wat in gevangenskap moet gaan, sal in gevangenskap gaan, en almal wat deur die swaard moet sterf, sal deur die swaard sterf.+ 12  Ek sal die tempels van die gode van Egipte aan die brand steek,+ en hy sal hulle verbrand en hulle as gevangenes wegneem. Hy sal Egipte om hom draai net soos ’n herder hom in sy kleed toedraai, en hy sal in vrede* daarvandaan weggaan. 13  En hy sal die pilare* van Bet-Semes* in Egipte in stukke breek, en hy sal die tempels van die gode van Egipte verbrand.”’”

Voetnote

Iemand is vermetel as hy iets doen wat hy nie die reg of gesag het om te doen nie.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Of “sonder dat hy seergekry het”.
Of “obeliske”.
Of “huis (tempel) van die son”, d.w.s. Heliopolis.