Jeremia 49:1-39

  • Profesie teen Ammon (1-6)

  • Profesie teen Edom (7-22)

    • Edom sal ophou bestaan as nasie (17, 18)

  • Profesie teen Damaskus (23-27)

  • Profesie teen Kedar en Hasor (28-33)

  • Profesie teen Elam (34-39)

49  Dít is wat Jehovah vir die Ammoniete+ sê: “Het Israel geen kinders nie? Het hy nie ’n erfgenaam nie? Hoekom het Malkam+ Gad in besit geneem?+ En hoekom woon sy volk in Israel se stede?”   “‘Daarom kom die dae,’ sê Jehovah,‘wanneer ek die alarmsein van oorlog* teen Rabba+ van die Ammoniete+ sal laat hoor. Sy sal ’n verlate heuwel word,en haar afhanklike* dorpe sal aan die brand gesteek word. En Israel sal dié wat hom in besit geneem het, in besit neem,’+ sê Jehovah.   ‘Huil, o Hesbon, want Ai is vernietig! Skree, o afhanklike dorpe van Rabba. Trek saklinne aan. Huil en swerf rond tussen die klipkrale,*want Malkam sal in ballingskap gaan,saam met sy priesters en sy amptenare.+   Hoekom spog jy oor die valleie,oor jou vrugbare* vlakte, o ontroue dogter,wat op haar skatte vertrouen wat sê: “Wie sal teen my kom?”’”   “‘Ek bring iets verskrikliks oor jou,’ sê die Soewereine Heer, Jehovah van die leërmagte. ‘Dit sal kom van almal om jou. Julle sal in elke rigting verstrooi word,en niemand sal die vlugtelinge bymekaarmaak nie.’”   “‘Maar daarna sal ek die gevangenes van die Ammoniete bymekaarmaak,’ sê Jehovah.”  Dít is wat Jehovah van die leërmagte vir Edom sê: “Is daar nie meer enige wysheid in Teman+ nie? Het goeie raad verdwyn onder dié wat begrip het? Het hulle wysheid verrot?   Vlug, draai terug! Gaan woon in die dieptes, o inwoners van Dedan!+ Want ek sal rampspoed oor Esau bringwanneer die tyd kom om my aandag op hom te rig.   As druiweplukkers na jou toe kom,sal hulle nie van die oesoorblyfsels agterlaat nie? As diewe in die nag kom,sal hulle slegs beskadig wat hulle wil.+ 10  Maar ek sal Esau kaalstroop. Ek sal sy skuilplekke openbaar maak,sodat hy nie kan wegkruip nie. Sy kinders en sy broers en sy bure sal almal vernietig word,+en hy sal nie meer daar wees nie.+ 11  Verlaat jou weeskinders,en ek sal hulle lewens bewaar,en jou weduwees sal op my vertrou.” 12  Dít is wat Jehovah sê: “As mense wat nie gevonnis is om die beker te drink nie, dit wel moet drink, hoeveel te meer moet jy gestraf word! Jy sal nie ongestraf bly nie, want jy moet dit drink.”+ 13  “Want ek het by myself gesweer,” sê Jehovah, “dat Bosra iets skokkends,+ ’n bespotting, ’n verwoesting en ’n vloek sal word, en al haar stede sal vir ewig verwoes lê.”+ 14  Ek het ’n berig van Jehovah gehoor. ’n Boodskapper is onder die nasies uitgestuur om te sê: “Kom bymekaar en gaan teen haar op,en maak gereed vir oorlog.”+ 15  “Ek het jou klein gemaak onder die nasies. Mense sien op jou neer.+ 16  Die vrees wat jy veroorsaak heten jou trotse hart het jou bedrieg,o jy wat in die skuilplekke van die krans woon,wat op die hoogste heuwel bly. Al bou jy jou nes hoog soos ’n arend,sal ek jou daarvandaan afbring,” sê Jehovah. 17  “En Edom sal iets skokkends word.+ Elkeen wat daar verbygaan, sal geskok staar en fluit as gevolg van al haar plae. 18  Net soos toe Sodom en Gomorʹra en hulle naburige dorpe vernietig is,”+ sê Jehovah, “sal niemand daar bly nie en sal geen mens daar gaan woon nie.+ 19  “Iemand sal soos ’n leeu+ uit die digte bosse langs die Jordaanrivier opkom teen die veilige weivelde, maar ek sal hom skielik van haar af laat vlug. En ek sal die een wat uitgekies is, oor haar aanstel. Want wie is soos ek, en wie sal my uitdaag? Watter herder kan voor my staande bly?+ 20  Hoor dus, o manne, wat Jehovah teen Edom besluit het en wat hy teen die inwoners van Teman+ uitgedink het: Die kleintjies van die kudde sal beslis weggesleep word. Hy sal hulle woonplek verlate laat word as gevolg van hulle.+ 21  Wanneer hulle val, sal daar so ’n geraas wees dat die aarde sal bewe. Daar is ’n geskree! Die geluid daarvan is tot by die Rooisee+ gehoor. 22  Soos ’n arend sal hy opstyg en afduik,+en hy sal sy vlerke oor Bosra uitsprei.+ Op daardie dag sal die hart van die vegters van Edomsoos die hart van ’n vrou word wat geboorte gee.” 23  ’n Boodskap vir Damaskus:+ “Hamat+ en Arpad is verneder,want hulle het ’n slegte berig gehoor. Hulle smelt van vrees. Daar is onstuimigheid in die see wat nie gekalmeer kan word nie. 24  Damaskus het moed verloor. Sy het omgedraai om te vlug, maar sy het paniekbevange geword. Angs en pyn het haar oorweldig,soos ’n vrou wat geboorte gee. 25  Hoe is dit dat die stad van lof nie verlate is nie,die stad van vreugde? 26  Want haar jong manne sal op haar openbare pleine val,en al die soldate sal op daardie dag sterf,” sê Jehovah van die leërmagte. 27  “Ek sal die muur van Damaskus aan die brand steek,en dit sal die versterkte torings van Ben-Hadad verteer.”+ 28  Jehovah sê die volgende oor Kedar+ en die koninkryke van Hasor, wat deur koning Nebukadneʹsar* van Babilon verslaan is: “Staan op, gaan na Kedar,en vernietig die kinders van die Ooste. 29  Hulle tente en hulle kleinvee sal weggeneem word,hulle tentdoeke en al hulle besittings. Hulle kamele sal weggeneem word,en mense sal vir hulle skree: ‘Daar is oral vrees!’” 30  “Vlug, gaan ver weg! Gaan woon in die dieptes, o inwoners van Hasor,” sê Jehovah. “Want koning Nebukadneʹsar* van Babilon het ’n strategie teen julle uitgedink,en hy het ’n plan teen julle beraam.” 31  “Staan op, gaan op teen die nasie wat vrede geniet,wat in veiligheid woon!” sê Jehovah. “Dit het geen deure of grendels nie. Hulle woon afgesonderd. 32  Hulle kamele sal afgevat word,sowel as hulle baie vee. Ek sal hulle in alle windrigtings verstrooi,dié wat hulle hare aan die kante van hulle kop knip.+ En ek sal hulle rampspoed uit alle rigtings bring,” sê Jehovah. 33  “En Hasor sal ’n lêplek van jakkalse word,’n plek wat vir ewig verlate sal wees. Niemand sal daar bly nie,en geen mens sal in haar gaan woon nie.” 34  Kort nadat koning Sedekiʹa+ van Juda koning geword het, het die profeet Jeremia die volgende boodskap oor Elam+ van Jehovah ontvang: 35  “Dít is wat Jehovah van die leërmagte sê: ‘Ek breek die boog van Elam,+ die bron* van hulle mag. 36  Ek sal die vier winde uit die vier uithoeke van die hemel oor Elam bring, en ek sal sy inwoners in al hierdie windrigtings verstrooi. Daar sal geen nasie wees waarheen die Elamiete nie verstrooi sal word nie.’” 37  “Ek sal die Elamiete baie bang laat word vir hulle vyande en vir dié wat hulle wil doodmaak, en ek sal rampspoed oor hulle bring, my brandende woede,” sê Jehovah. “En ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat ek hulle vernietig het.” 38  “Ek sal my troon in Elam+ plaas, en ek sal die koning en die leiers daaruit vernietig,” sê Jehovah. 39  “Maar aan die einde van die dae sal ek die gevangenes van Elam bymekaarmaak,” sê Jehovah.

Voetnote

Of moontlik “die geluid van die oorlogskreet”.
Of “omliggende”.
Of “skaapkrale”.
Lett. “vloeiende”.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Lett. “Nebukadresar”, ’n wisselvorm van die naam.
Lett. “begin”.