Jeremia 5:1-31

  • Volk weier Jehovah se dissipline (1-13)

  • Vernietig, maar nie heeltemal uitgeroei nie (14-19)

  • Jehovah eis rekenskap van volk (20-31)

5  Gaan deur die strate van Jerusalem. Kyk rond en let op. Deursoek die openbare pleine om te sienof julle iemand kan vind wat met geregtigheid optree,+iemand wat probeer om getrou te wees,en ek sal die stad vergewe.   Selfs al sê hulle: “So waar as wat Jehovah lewe!” sou hulle nog steeds sweer by wat vals is.+   O Jehovah, soek u oë nie na getrouheid nie?+ U het hulle geslaan, maar dit het geen uitwerking op hulle gehad nie.* U het hulle vernietig, maar hulle het geweier om dissipline te aanvaar.+ Hulle het hulle gesigte harder as ’n rots gemaak,+en hulle het geweier om om te draai.+   Maar ek het vir myself gesê: “Hulle is sekerlik eenvoudige mense. Hulle tree dwaas op, want hulle ken nie die weg van Jehovah,die wet van hulle God nie.   Ek sal na die belangrike manne gaan en met hulle praat,want hulle moes ag geslaan het op die weg van Jehovah,die wet van hulle God.+ Maar hulle almal het die juk gebreeken die bande stukkend geskeur.”   Daarom val ’n leeu uit die woud hulle aanen bly ’n wolf van die woestynvlaktes hulle verwoesen lê ’n luiperd by hulle stede op die loer. Almal wat daaruit gaan, word verskeur. Want hulle oortredings is baie,en so ook hulle dade van ontrouheid.+   Hoe kan ek jou hiervoor vergewe? Jou kinders het my verlaat,en hulle sweer by iets wat nie God is nie.+ Ek het in hulle behoeftes voorsien,maar hulle het aangehou om egbreuk te pleeg,en hulle het na die huis van ’n prostituut gestroom.   Hulle is soos gretige perde, vol seksuele begeerte,wat elkeen na ’n ander man se vrou runnik.+   “Moet ek hulle nie straf vir hierdie dinge nie?” sê Jehovah. “Moet ek nie wraak neem op so ’n nasie nie?”+ 10  “Kom op teen die terrasse van haar wingerd en verwoes dit,maar moet dit nie heeltemal vernietig nie.+ Verwyder haar jong takkies wat uitsprei,want hulle behoort nie aan Jehovah nie. 11  Want die huis van Israel en die huis van Judawas uiters bedrieglik teenoor my,” sê Jehovah.+ 12  “Hulle het geweier om Jehovah te erken, en hulle bly sê: ‘Hy sal niks doen nie.*+ Geen rampspoed sal oor ons kom nie. Ons sal nie swaard of hongersnood sien nie.’+ 13  Wat die profete sê, is soos wind,en die woord* is nie in hulle nie. Laat dit met hulle gebeur!” 14  Daarom sê Jehovah, die God van die leërmagte: “Omdat hierdie manne dít sê,maak ek my woorde ’n vuur in jou mond,+en hierdie volk is die hout,en dit sal hulle verteer.”+ 15  “Kyk, ek bring teen julle ’n nasie van ver af, o huis van Israel,”+ sê Jehovah. “Dit is ’n gevestigde nasie. Dit is ’n nasie wat al lank bestaan,’n nasie wie se taal julle nie ken nieen wie se spraak julle nie kan verstaan nie.+ 16  Hulle pylkoker is soos ’n oop graf. Hulle is almal vegters. 17  Hulle sal julle brood en julle oes verslind.+ Hulle sal julle seuns en julle dogters verslind. Hulle sal julle kleinvee en julle beeste verslind. Hulle sal julle wingerdstokke en julle vyebome verslind. Hulle sal julle versterkte stede waarop julle vertrou, met die swaard vernietig.” 18  “Maar selfs in daardie dae,” sê Jehovah, “sal ek julle nie heeltemal vernietig nie.+ 19  En wanneer hulle vra: ‘Hoekom het Jehovah ons God al hierdie dinge aan ons gedoen?’ moet jy hulle antwoord: ‘Net soos julle my verlaat het om ’n vreemde god in julle land te dien, so sal julle vreemdelinge dien in ’n land wat nie julle s’n is nie.’”+ 20  Vertel die volgende in die huis van Jakoben verkondig dit in Juda: 21  “Hoor hier, o dwase en onverstandige volk:*+ Hulle het oë, maar hulle kan nie sien nie.+ Hulle het ore, maar hulle kan nie hoor nie.+ 22  ‘Vrees julle my nie?’ sê Jehovah. ‘Behoort julle nie voor my te bewe nie? Dit is ek wat die sand as die grens vir die see gestel het,’n permanente wetsvoorskrif waar die see nie kan verbygaan nie. Al rol die golwe in, kan hulle nie die oorhand kry nie. Al word hulle onstuimig, kan hulle nog steeds nie daar verbygaan nie.+ 23  Maar hierdie volk is hardkoppig en het ’n opstandige hart. Hulle het weggedraai en hulle eie weg ingeslaan.+ 24  En hulle weier om in hulle hart te sê: “Laat ons nou Jehovah ons God vrees,die Een wat die reën in die regte seisoen gee,die herfsreën sowel as die lentereën,die Een wat die vasgestelde weke van die oes vir ons bewaar.”+ 25  Julle eie oortredings het gekeer dat hierdie dinge gebeur. Julle eie sondes het die goeie van julle af weggehou.+ 26  Want onder my volk is daar goddelose mense. Hulle bly loer, soos wanneer voëlvangers hurk. Hulle stel ’n dodelike strik. Hulle vang mense. 27  Soos ’n hok vol voëls,so is hulle huise vol bedrog.+ Daarom het hulle magtig en ryk geword. 28  Hulle het vet en glad geword. Hulle loop oor van wat sleg is. Hulle ignoreer die regsaak van die weeskind,+sodat hulle sukses kan behaal,en hulle weier om die armes regverdig te behandel.’”+ 29  “Moet ek hulle nie straf vir hierdie dinge nie?” sê Jehovah. “Moet ek nie wraak neem op so ’n nasie nie? 30  Iets verskrikliks en iets aakligs het in die land gebeur: 31  Die profete se profesieë is leuens,+en die priesters oorheers deur hulle eie gesag. En my volk hou daarvan,+maar wat sal julle doen wanneer die einde kom?”

Voetnote

Lett. “hulle het nie swak geword nie”.
Of moontlik “Hy bestaan nie”.
D.w.s. God se woord.
Lett. “dwase volk sonder hart”.