Jeremia 8:1-22

  • Volk kies gewilde weg (1-7)

  • Watter wysheid sonder Jehovah se woord? (8-17)

  • Jeremia treur oor Juda se ineenstorting (18-22)

    • “Is daar geen balsem in Gilead nie?” (22)

8  “In daardie tyd,” sê Jehovah, “sal die beendere van die konings van Juda, die beendere van sy leiers, die beendere van die priesters, die beendere van die profete en die beendere van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte gehaal word.  Dit sal uitgesprei word voor die son en voor die maan en voor die hele leërmag van die hemel wat hulle liefgehad en gedien en gevolg en gesoek het en waarvoor hulle neergebuig het.+ Dit sal nie versamel of begrawe word nie. Dit sal soos mis op die oppervlak van die aarde word.”+  “En die oorblyfsel van hierdie goddelose familie sal die dood bo die lewe verkies in al die plekke waarheen ek hulle verstrooi,” sê Jehovah van die leërmagte.  “Jy moet vir hulle sê: ‘Dít is wat Jehovah sê: “Sal hulle val en nie weer opstaan nie? As een omdraai, sal die ander dan nie ook omdraai nie?   Hoekom hou hierdie volk, Jerusalem, aan om ontrou te wees? Hulle hou vas aan bedrog,en hulle weier om om te draai.+   Ek het aandag geskenk en bly luister, maar die manier waarop hulle gepraat het, was nie reg nie. Niemand het berou gehad oor sy goddeloosheid of gevra: ‘Wat het ek gedoen?’ nie.+ Elkeen bly terugkeer tot die gewilde weg, soos ’n perd wat in die geveg instorm.   Selfs die ooievaar in die lug ken sy seisoene,*en die tortelduif en die windswael en die lyster* bly by die tyd van hulle terugkoms.* Maar my eie volk verstaan nie die wet van Jehovah nie.”’+   ‘Hoe kan julle sê: “Ons is wys, en ons het die wet* van Jehovah”? Want die valse pen*+ van die sekretarisse is eintlik net vir leuens gebruik.   Die wyses is verneder.+ Hulle het baie bang geword en sal gevang word. Kyk! Hulle het die woord van Jehovah verwerp,en watter wysheid het hulle? 10  Daarom sal ek hulle vrouens aan ander mans gee,hulle landerye aan ander eienaars,+want hulle almal maak oneerlike wins, van die kleinste tot die grootste,+hulle almal pleeg bedrog, van die profeet tot die priester.+ 11  Hulle probeer om die wonde* van die dogter van my volk op ’n oppervlakkige manier te genees deur te sê: “Daar is vrede! Daar is vrede!” terwyl daar geen vrede is nie.+ 12  Kry hulle skaam oor die afskuwelike dinge wat hulle gedoen het? Hulle kry glad nie skaam nie! Hulle weet nie eers hoe om verneder te voel nie!+ Daarom sal hulle val soos dié wat reeds geval het. Wanneer ek hulle straf, sal hulle struikel,’+ sê Jehovah. 13  ‘Wanneer ek hulle insamel, sal ek hulle tot ’n einde bring,’ sê Jehovah. ‘Daar sal geen druiwe aan die wingerdstok oorbly nie, geen vye aan die vyeboom nie, en die blare sal verlep. En hulle sal verloor wat ek aan hulle gegee het.’” 14  “Hoekom sit ons hier? Laat ons bymekaarkom en in die versterkte stede ingaan+ en daar sterf. Want Jehovah ons God sal ons vernietig,en hy gee ons giftige water om te drink,+want ons het teen Jehovah gesondig. 15  Daar was hoop op vrede, maar niks goeds het gekom nie,op ’n tyd van genesing, maar daar is net vrees!+ 16  Vanuit Dan word die gesnuif van sy perde gehoor. Wanneer die geluid van die gerunnik van sy hingste gehoor word,bewe die hele land. Hulle kom in en verslind die land en alles daarin,die stad en sy inwoners.” 17  “Want kyk, ek stuur slange onder julle in,giftige slange wat nie beheer* kan word nie,en hulle sal julle beslis pik,” sê Jehovah. 18  My hartseer is ongeneeslik. My hart is siek. 19  Uit ’n ver land is daar ’n geroep om hulpvan die dogter van my volk: “Is Jehovah nie in Sion nie? Of is haar koning nie daar nie?” “Hoekom het hulle my aanstoot gegee met hulle beelde,met hulle waardelose vreemde gode?” 20  “Die oes is verby, die somer het geëindig,maar ons is nie gered nie!” 21  Ek is verpletter oor die ineenstorting van die dogter van my volk.+ Ek is terneergedruk. Ek is in skok. 22  Is daar geen balsem* in Giʹlead nie?+ Of is daar geen geneser daar nie?+ Hoekom is die dogter van my volk nie genees nie?+

Voetnote

Of “vasgestelde tye”.
Of moontlik “kraanvoël”.
Of “migrasie”.
Of “onderrigting”.
Of “stif”.
Of “breuk”.
Of “besweer”.
Of “strelende salf”.