Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 1

Jehovah se eienskappe

Jehovah se eienskappe

(Openbaring 4:11)

  1. 1. Jehovah ons God, dinamies en sterk.

    O Gewer van lig, hoe volmaak is u werk.

    Die skepping lewer bewys van u krag;

    die hemel en aarde toon u mag.

  2. 2. U troon is gegrond op waarheid en reg.

    U leer ons u wet, u regverdige weg.

    Terwyl ons daagliks u Woord bestudeer,

    sien ons u groot wysheid al hoe meer.

  3. 3. U liefde is groot, opreg en volmaak.

    En Vader, ons weet u sal ons nooit verlaat.

    U eienskappe, u roemryke naam

    loof ons met groot vreugde almal saam.