Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 102

‘Staan die swakkes by’

‘Staan die swakkes by’

(Handelinge 20:35)

  1. 1. Ondanks al ons swakhede

    bly ons positief,

    want Jehovah sê vir ons

    hy’t ons innig lief.

    Hy help ons met ons stryd;

    toon liefde deurentyd.

    Mag ons sulke liefde toon,

    sonder bymotief.

  2. 2. Selfs dié wat ons dink is sterk,

    moet teen sorge stry.

    Deur ons woorde help ons hul

    om weer moed te kry.

    God gee vir swakkes om,

    krag kan hul kry by hom.

    Ons kan hul ook troos en help,

    ons staan hulle by.

  3. 3. Ons veroordeel swakkes nie,

    want ons weet beslis

    dat ons hulle kan versterk

    as ons vriend’lik is.

    Bly hulle goedgesind,

    altyd aanmoedigend.

    As ons hul in liefde help,

    vind hul troos en rus.