Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 107

God se voorbeeld van liefde

God se voorbeeld van liefde

(1 Johannes 4:19)

  1. 1. In liefde stel God Jehovah ’n voorbeeld,

    wat ons raak, diep bly raak.

    Ons weet hy gee om, ons sien hoe hy handel,

    hoe hy ons seën, hoe hy ons steun.

    Hy het met sy Seun se kosbare lewe

    ons sondes bedek om ons te vergewe.

    Sy liefde is groot, so hoog, so verhewe!

    Dit is Gods weg. Ja, sy liefdesweg.

  2. 2. Volg ons God se weg, bly liefde vir ander

    altyd eg en opreg.

    Dit bring ons genot en bind ons tesame,

    hartlik en heg, hartlik en heg.

    Ons liefde vir God gee ons alle rede

    om met al ons broers in vrede te lewe.

    Ons sal hul vergeef en doen dit met vreugde.

    Soos God vereis, sal ons liefde wys.

  3. 3. Weens liefde is ons soos een groot familie,

    wat ’n seën vir elkeen.

    Ons Vader en God nooi almal dus hartlik:

    “Kom ondervind eenheid wat bind.”

    Die liefde help ons op soveel maniere,

    dit gee ons ’n band met broers en met vriende.

    Ja, ons ondervind: Jehovah is liefde.

    Die beste weg is liefde opreg.