Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 110

“Die vreugde van Jehovah”

“Die vreugde van Jehovah”

(Nehemia 8:10)

  1. 1. Let op die teken: Jesus is nou koning.

    Dié goeie nuus maak harte bly.

    Lig op die kop en wag op julle redding.

    Ja, jul verlossing is naby!

    (REFREIN)

    Die vreug van Jehovah is ons vesting.

    Kom, juig om blydskap te betoon.

    Verbly julle in die hoop met dankbaar hart,

    en loof God wat in die hoogtes woon.

    Die vreug van Jehovah is ons vesting.

    Laat almal van sy grootheid leer.

    Met groot toegewydheid aan Jehovah God

    dien ons vreugdevol en gee hom eer.

  2. 2. Wees nie bevrees, o dienaars van Jehovah,

    hy sal vir ons die uitkoms bied.

    Staan op, roep uit, laat blydskap nou weergalm.

    Sing vir ons God ’n vreugdelied!

    (REFREIN)

    Die vreug van Jehovah is ons vesting.

    Kom, juig om blydskap te betoon.

    Verbly julle in die hoop met dankbaar hart,

    en loof God wat in die hoogtes woon.

    Die vreug van Jehovah is ons vesting.

    Laat almal van sy grootheid leer.

    Met groot toegewydheid aan Jehovah God

    dien ons vreugdevol en gee hom eer.