LIED 116
Die krag van goedhartigheid
-
1. Ons loof u, Jehovah, diep uit die hart,
vir wat u Woord ons leer.
U wysheid is groot, u mag onbeperk,
maar u’s ook goedhartig en teer.
-
2. U Seun sê nog steeds vir almal wat ly
om krag by hom te kry.
Want sag is sy juk en lig is sy vrag;
goedhartig, verkwikkend is hy.
-
3. Die voorbeeld van God en Christus, ons Heer,
volg ons met hart en siel.
Die krag van goedhartigheid sal ons sien,
terwyl ons dit altyd weerspieël.
(Sien ook Miga 6:8; Matt. 11:28-30; Kol. 3:12; 1 Pet. 2:3.)