LIED 12
Groot God, Jehovah
-
1. Groot God, Jehovah, hoog en verhewe,
u verdien die heerlikheid,
mag, gesag en majesteit.
U het groot krag en liefde en wysheid.
U is God in ewigheid.
-
2. U is genadig, toon medelye.
Ons is stof, maar u gee om;
ons kan nader aan u kom.
U ondersteun ons, leer ons en lei ons.
U gee hulp wat ons verstom.
-
3. Hemel en aarde loof u en prys u.
Vreugdevol sal ons u eer,
want u is dit waardig, Heer.
Groot God Jehovah, hoog en verhewe,
altyd wil ons u vereer.
(Sien ook Deut. 32:4; Spr. 16:12; Matt. 6:10; Op. 4:11.)