LIED 124
Bly lojaal
-
1. Bly lojaal aan God ons Vader,
wees standvastig en getrou.
As sy knegte, toegewydes,
wil ons sy gebooie hou.
God se raad is tot ons beswil,
en ons sal nie daarteen stry.
Hy’s lojaal en ons vertrou hom;
ons sal altyd by hom bly.
-
2. Bly lojaal aan broers en susters,
staan hul deur beproewings by.
Altyd sorgsaam en goedhartig
sal ons teenoor hulle bly.
Uit die hart sal ons respek toon
en ons broers en susters eer.
Dit is liefde wat ons saambind,
wat ons so laat reageer.
-
3. Bly lojaal aan hulle leiding
wanneer herders oor ons waak.
Hulle raad strek ons tot voordeel;
mag dit steeds ons harte raak.
Dan sal God se ryke seën
op ons rus en krag voorsien.
O Jehovah, as lojales
wil ons u vir ewig dien.
(Sien ook Ps. 149:1; 1 Tim. 2:8; Heb. 13:17.)