Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 126

Staan vas, word sterk, bly waaksaam

Staan vas, word sterk, bly waaksaam

(1 Korintiërs 16:13)

  1. 1. Staan nou vas, word sterk, bly waaksaam,

    moenie voor die vyand swig.

    Wees nou moedig, ja, wees dapper,

    want oorwinning is in sig.

    Ons sal doen wat Christus van ons vra,

    elke opdrag kom ons stipt’lik na.

    (REFREIN)

    Staan dan vas, word sterk en bly waaksaam!

    Ja, volhard tot aan die end!

  2. 2. Staan nou vas en bly steeds waaksaam,

    wees gereed om ag te gee.

    Volg ons Heer se wyse leiding;

    deur sy slaaf rig hy ons treë.

    Luister ook na raad van herders wat

    ons beskerm op ons lewenspad.

    (REFREIN)

    Staan dan vas, word sterk en bly waaksaam!

    Ja, volhard tot aan die end!

  3. 3. Staan nou vas en bly verenig;

    maak die goeie nuus bekend.

    Daar is dié wat ons sal teëstaan,

    maar ons preek tot aan die end.

    Sing tot lof van God; verkondig bly:

    God se oordeelsdag is nou naby!

    (REFREIN)

    Staan dan vas, word sterk en bly waaksaam!

    Ja, volhard tot aan die end!