Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 132

Nou is ons een

Nou is ons een

(Genesis 2:23, 24)

  1. 1. Hier’s eindelik been van my been,

    vlees van my vlees; ek’s nie meer alleen.

    God het my bede verhoor

    en my met ’n maat geseën.

    Nou is ons een; dis die begin,

    ons lewe saam kan seëninge bring.

    As man en vrou nou tesame,

    word ons ook ’n gesin.

    Elke dag dien ons ons God getrou.

    En soos hy ons leer,

    betoon ons liefde so teer.

    Ons het beloof, mag dit so wees,

    van nou af aan is ons twee een vlees.

    Mag ons Jehovah verheerlik;

    vir altyd bly ek lief vir jou.