Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 135

God se liefdevolle versoek: “Wees wys, my seun”

God se liefdevolle versoek: “Wees wys, my seun”

(Spreuke 27:11)

  1. 1. Jong man, jonge dogter,

    gee nou aan my jou hart

    dat ek hom kan antwoord

    wat my voortdurend tart.

    Jou jeug, jou getrouheid,

    hoe jy jou lewe lei,

    dit wys vir die wêreld

    jy lewe net vir my.

    (REFREIN)

    Dierbare seun en liewe dogter,

    wees wys, dit maak my hart so bly.

    Jy dien my uit jou eie keuse,

    heelhartig bring jy lof aan my.

  2. 2. Geniet nou jou jonkheid,

    maar smee met my ’n band,

    en as jy sou struikel,

    neem ek jou by die hand.

    As mense jou seermaak,

    al is hul dislojaal,

    het jy die vertroue:

    My liefde sal nooit faal.

    (REFREIN)

    Dierbare seun en liewe dogter,

    wees wys, dit maak my hart so bly.

    Jy dien my uit jou eie keuse,

    heelhartig bring jy lof aan my.