Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 137

Getroue vroue, Christensusters

Getroue vroue, Christensusters

(Romeine 16:2)

  1. 1. Sara, Maria, Ester, Rut en ander —

    dié vroue was vir hul mans ’n steunpilaar.

    Vrees vir Jehovah het hul geopenbaar.

    Hierdie goeie vroue ken ons al by naam.

    God se Woord vertel ons ook van ander —

    noem nie hulle name, maar hul was ook bekwaam.

  2. 2. Goedheid, getrouheid, moed, geloof en liefde —

    dis eienskappe wat God se hart verbly.

    Al hierdie vroue is daardeur onderskei.

    Uit hul goeie voorbeeld kan ons almal leer.

    Christensusters, volg in hulle spore,

    jul getroue voorbeeld — dit word opreg waardeer.

  3. 3. Ma’s en ook dogters, weduwees, jul almal,

    dien God gewillig en dra jul deel graag by.

    Ned’rig, beskeie probeer jul altyd bly.

    Weet dat God jul goedkeur; nooit hoef jul te vrees.

    Christensusters, steun net op Jehovah,

    bly by sy beginsels, dan sal hy met jul wees.