Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 140

Eindelik kan ons vir ewig leef!

Eindelik kan ons vir ewig leef!

(Johannes 3:​16)

  1. 1. Sien met jou oë van geloof

    volke eensgesind saamwoon.

    Pyn is nie meer. God regeer!

    Vrede heers wêreldwyd.

    (REFREIN)

    Sing vrolik en wees bly!

    Nooit weer hoef ons te ly.

    Ware geluk —

    eindelik kan ons vir ewig leef!

  2. 2. Kan jy glo? Almal is jonk;

    nou dien almal Jehovah.

    Almal is bly. Niemand ly.

    Trane is afgevee.

    (REFREIN)

    Sing vrolik en wees bly!

    Nooit weer hoef ons te ly.

    Ware geluk —

    eindelik kan ons vir ewig leef!

  3. 3. Almal in dié paradys

    sing tot eer van Jehovah.

    Met al ons mag, elke dag,

    sal ons Jehovah loof.

    (REFREIN)

    Sing vrolik en wees bly!

    Nooit weer hoef ons te ly.

    Ware geluk —

    eindelik kan ons vir ewig leef!