Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 17

‘Ek wil, ja’

‘Ek wil, ja’

(Lukas 5:13)

  1. 1. God se Seun het liefde betoon.

    Hy’t hier op die aarde kom woon

    om sy Vader te eer

    en mense te leer.

    Sy lewe voorsien ’n patroon.

    Hy het deur die krag van Gods gees

    die siekes en blindes genees.

    Hy’t gedoen wat sy Vader van hom vra,

    en hy het gesê: ‘Ek wil, ja.’

  2. 2. Ons wil volg in Jesus se treë

    en wil van onsself altyd gee.

    Ons sal liefde bewys,

    net soos God vereis;

    opregtes moet leer van Gods weë.

    Ons sal ook ons broers ondersteun,

    en liefdevol hulp bly verleen.

    En as wese en weduwees hulp vra,

    sê ons ook soos hy: ‘Ek wil, ja.’