LIED 20
Die gawe van u Seun
-
1. Jehovah, ons Vader,
daar was geen hoop vir ons.
Die losprys gee egter
hoop aan elke mens!
Ons wil u altyd eer,
ons bes doen vir u, Heer,
en ander van u leer.
Ons weet dit is u wens.
(REFREIN)
Die gawe van u Seun
gee hoop aan iedereen,
maak lewe vir ons moontlik.
Ons loof en dank u vir u Seun.
-
2. U goedheid waardeer ons,
dit trek ons tot u aan.
U groot naam, u vriendskap
het ons liefgekry.
Maar u groot liefdedaad,
wat lewe moontlik maak,
het ons selfs meer geraak.
Die losprys maak ons vry.
(REFREIN)
Die gawe van u Seun
gee hoop aan iedereen,
maak lewe vir ons moontlik.
Ons loof en dank u vir u Seun.
(SLOT)
Jehovah, ons Vader, ons bid uit dankbaarheid.
Ons toon ons waardering vir die gawe van u Seun.
(Sien ook Joh. 3:16; 15:13.)