Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 21

Soek die Koninkryk voortdurend

Soek die Koninkryk voortdurend

(Matteus 6:33)

  1. 1. Iets so kosbaar vir Jehovah,

    wat vir hom so baie tel,

    is sy Koninkryk deur Christus,

    wat weer alles reg sal stel.

    (REFREIN)

    Soek die Koninkryk voortdurend,

    en ook Gods geregtigheid.

    Loof hom nou in elke nasie,

    dien Jehovah deurentyd.

  2. 2. Waarom angstig wees oor môre,

    of ons dors of honger ly?

    Want Jehovah maak voorsiening

    as sy diens die voorkeur kry.

    (REFREIN)

    Soek die Koninkryk voortdurend,

    en ook Gods geregtigheid.

    Loof hom nou in elke nasie,

    dien Jehovah deurentyd.

  3. 3. Wie dit waardig is, sal luister.

    Laat die nuus hul tog bereik:

    Al ons wense sal vervul word

    deur ons God se Koninkryk.

    (REFREIN)

    Soek die Koninkryk voortdurend,

    en ook Gods geregtigheid.

    Loof hom nou in elke nasie,

    dien Jehovah deurentyd.