LIED 32
Kies kant vir Jehovah!
-
1. Vroeër het ons in verwarring verkeer,
want godsdiensleuens het ons denke beheer.
Groot was ons vreugde toe ons egter leer
dat God se Koninkryk heers.
(REFREIN)
Kies kant vir Jehovah; dien hom met genot.
Hy’s altyd betroubaar; hou net sy gebod.
Dra dié goeie nuus nou aan elke mens uit:
God heers deur sy Christus tot in ewigheid.
-
2. Aan God se kant dien ons nou sy aan sy;
nuus van sy Koninkryk wil ons versprei.
Want almal moet die geleentheid nou kry
om kant te kies vir ons God.
(REFREIN)
Kies kant vir Jehovah; dien hom met genot.
Hy’s altyd betroubaar; hou net sy gebod.
Dra dié goeie nuus nou aan elke mens uit:
God heers deur sy Christus tot in ewigheid.
-
3. Ons is nie bang vir die Duiwel se mag,
want ons vertrou op Jehovah se krag.
Al is ons min, sal ons steeds op God wag;
hy sal sy volk nooit verlaat.
(REFREIN)
Kies kant vir Jehovah; dien hom met genot.
Hy’s altyd betroubaar; hou net sy gebod.
Dra dié goeie nuus nou aan elke mens uit:
God heers deur sy Christus tot in ewigheid.
(Sien ook Ps. 94:14; Spr. 3:5, 6; Heb. 13:5.)