Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 36

Ons bewaak ons hart

Ons bewaak ons hart

(Spreuke 4:23)

  1. 1. Getrou sal ons ons hart bewaak

    om God opreg te dien.

    Hy lees die hart, en daar kan hy

    ons innerlike sien.

    Die hart kan die verstand mislei,

    maar ons moet hierteen stry.

    Mag ons verstand ons hart dus rig

    om op Gods weg te bly.

  2. 2. Ons hart is voorbereid om God

    te nader in gebed.

    Ons bid tot hom en sê vir hom

    as ons groot sorge het.

    Jehovah leer ons deur sy Woord

    wat hy van ons verwag.

    Verkry dus ’n lojale hart;

    doen sy wil elke dag.

  3. 3. Ons hart word ook beskerm deur

    die waarheid te bedink.

    En so sal God se Woord ons raak,

    dis waar ons krag kan vind.

    Jehovah het sy knegte lief;

    sy guns is onverdiend.

    Heelhartig sal ons hom aanbid,

    vir ewig as sy vriend.