Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 4

“Jehovah is my Herder”

“Jehovah is my Herder”

(Psalm 23)

  1. 1. Jehovah God is my Herder;

    ek volg hom waar hy my lei.

    Hy weet wat al my behoeftes is,

    die nodige sal ek kry.

    Hy lei my na goeie weiding,

    na plekke wat veilig is.

    En hy lei my altyd so liefdevol,

    by hom vind ek ware rus.

    Hy lei my altyd so liefdevol,

    by hom vind ek ware rus.

  2. 2. Verkwikkend is al u paaie,

    u weë van geregtigheid.

    U naam wil ek altyd loof en eer;

    aan u bly ek toegewyd.

    Al gaan ek ook deur diep skadu,

    my Vriend sal u altyd wees.

    En u stok en staf sal beskerming bied;

    ek hoef geen gevaar te vrees.

    U stok en staf sal beskerming bied;

    ek hoef geen gevaar te vrees.

  3. 3. Jehovah, u is my Herder!

    Ek volg u waar u my lei.

    U gee my krag en u gee my rus,

    voorsien wat ek nodig kry.

    U woord laat u altyd waar word,

    en u laat u wil geskied.

    Ja, u goedheid, liefde en sorg vir my

    wil ek lewenslank geniet.

    U goedheid, liefde en sorg vir my

    wil ek lewenslank geniet.

(Sien ook Ps. 28:9; 80:1.)