Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 41

Hoor my gebed

Hoor my gebed

(Psalm 54)

  1. 1. Hemelse Vader, hoor tog my woord.

    U is my God, aan wie ek behoort.

    Groot is u naam, volmaak is u wet.

    (REFREIN)

    Vader Jehovah, hoor my gebed.

  2. 2. Dankie, o God, vir dié lewensdag.

    U gee my lewe, hou oor my wag.

    Dankie dat u getrou op my let.

    (REFREIN)

    Vader Jehovah, hoor my gebed.

  3. 3. Ek vra dat u my treë aanhou rig.

    Help my om steeds te wandel in lig.

    Gee my die krag wat ek nodig het.

    (REFREIN)

    Vader Jehovah, hoor my gebed.