LIED 50
My toewydingsgebed
-
1. Neem my hart, dis toegewy;
mag dit in u waarheid bly.
Neem my stem en laat dit sing;
mag dit lof aan u bly bring.
-
2. Neem my hande, voete, Heer,
en gebruik dit tot u eer.
Neem my silwer en my goud;
niks sal ek van u t’rughou.
-
3. Neem my lewe; laat my sien
hoe ek u getrou kan dien.
Neem my, Heer, want ek wil graag
altyd doen wat u behaag.
(Sien ook Ps. 40:8; Joh. 8:29; 2 Kor. 10:5.)