Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 52

Christelike toewyding

Christelike toewyding

(Hebreërs 10:​7, 9)

  1. 1. Jehovah God is die Skepper

    van alles wat bestaan.

    Die heelal dié behoort aan hom,

    die sterre, son en maan.

    Hy gee aan almal die lewe

    en laat sy skepping sien

    dat hy die aanbidding waardig is,

    dat hy al die eer verdien.

  2. 2. Toe Jesus Christus gedoop is,

    is God se woord vervul.

    Opreg het hy vir God gesê:

    ‘Ek doen getrou u wil.’

    En toe hy uit die Jordaan kom,

    begin hy op sy weg.

    Lojaal en gehoorsaam sou hy dien

    as God se gesalfde Kneg.

  3. 3. Ons kom voor u, o Jehovah,

    om u groot naam te loof.

    Ons wy ons toe, verloën onsself

    en buig voor u die hoof.

    U gee u enigverwekte,

    dat ons die lewe erf.

    Ons lewe nie meer net vir onsself,

    vir u sal ons leef of sterf.