Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 54

“Dit is die weg”

“Dit is die weg”

(Jesaja 30:20, 21)

  1. 1. Daar is ’n weg, die weg

    wat ons na vrede lei.

    Ons kan die weg net vind

    deur na aan God te bly.

    Dit is die weg wat ook aan

    God se Seun behoort.

    Dit is die vredesweg

    wat ons vind in Gods Woord.

    (REFREIN)

    Dit is die weg wat tot die lewe lei.

    O, wyk nie af, dié weg sal jou bevry!

    Hoor God se roepstem: ‘Dit is die weg;

    ja, kyk nooit t’rug, onthou: dit is die weg.’

  2. 2. Daar is ’n weg, die weg

    van liefde ongeveins.

    Dit bring ons na aan God

    as ons dit bly bepeins.

    Ons God se liefde is

    so groot en onverdiend.

    Dit is die liefdesweg;

    so word ons God se vriend.

    (REFREIN)

    Dit is die weg wat tot die lewe lei.

    O, wyk nie af, dié weg sal jou bevry!

    Hoor God se roepstem: ‘Dit is die weg;

    ja, kyk nooit t’rug, onthou: dit is die weg.’

  3. 3. Daar is ’n weg, die weg

    wat tot die lewe lei.

    Dit is die beste weg,

    want dis deur God berei.

    Op hierdie weg wil ons

    bly wandel lewenslank.

    Dit is die weg van God;

    aan hom gaan al die dank.

    (REFREIN)

    Dit is die weg wat tot die lewe lei.

    O, wyk nie af, dié weg sal jou bevry!

    Hoor God se roepstem: ‘Dit is die weg;

    ja, kyk nooit t’rug, onthou: dit is die weg.’