Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 62

Die nuwe lied

Die nuwe lied

(Psalm 98)

  1. 1. Sing vir God ’n lied, ’n nuwe lied met al jul krag.

    Sing van sy prestasies en wat hy sal vermag.

    Loof sy sterke hand; in elke stryd sal God oorwin.

    Ewig en regverdig,

    bring hy sy oordeel in.

    (REFREIN)

    Sing, sing, sing!

    Ons lied sal God vereer!

    Sing, sing, sing!

    Jehovah God regeer.

  2. 2. Sing ’n melodie, sing vir Jehovah met genot!

    Loof sy naam, vereer hom; wees bly en juig voor God.

    Skaar jou aan sy kant, sing nou tot lof van ons groot Heer.

    Harp, trompet en horing

    weerklink tot God se eer.

    (REFREIN)

    Sing, sing, sing!

    Ons lied sal God vereer!

    Sing, sing, sing!

    Jehovah God regeer.

  3. 3. Laat die see wat dreun en als daarin hul lof laat hoor.

    Laat die hele aarde sing in ’n vreugdekoor.

    Laat die land nou juig, en laat riviere hande klap.

    Berge en valleie

    loof God se koningskap.

    (REFREIN)

    Sing, sing, sing!

    Ons lied sal God vereer!

    Sing, sing, sing!

    Jehovah God regeer.