Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 66

Verkondig die goeie nuus

Verkondig die goeie nuus

(Openbaring 14:6, 7)

  1. 1. Die heilige geheim van God se Koninkryk

    was lank verberg, maar is bekend in hierdie tyd.

    Jehovah God het lank gelede vas besluit:

    Die mensdom sal hy red van ongeregtigheid.

    Sy Seun sal hy die Heerser oor die aarde maak,

    hy is die mees geskikte

    Koning vir hierdie taak.

    En aan sy Seun sal God dan ook ’n bruid voorsien,

    ’n uitverkore groep wat saam met hom sal dien.

  2. 2. Jehovah het ook lank gelede reeds voorspel

    dat ons die goeie nuus aan ander sal vertel.

    Die wêreld moet nou hoor van God se Koninkryk,

    en met die eng’le sal ons hierdie doel bereik.

    Ons het die plig en voorreg om in hierdie dag

    die naam van God te loof met

    ons hele siel en krag.

    Geen groter eer kan ons as sy Getuies vra

    as om die goeie nuus aan almal uit te dra.