LIED 68
Saai die Koninkryksaad
-
1. Neem deel aan die werk van ons Meester;
gehoorsaam hom, doen wat hy vra.
Hy bied jou sy hulp en sy leiding
om Koninkryksnuus uit te dra.
Die saadjies van waarheid groei en dra vrug
in harte opreg en getrou.
Om hulle te vind, wil jy deeglik getuig
en jou ywer in dié werk behou.
-
2. Sukses in die werk en jou ywer
hou dikwels verband met mekaar.
Die mense wat luister, moet hulp kry
om waarheid te leer en aanvaar.
Ja, twyfel en druk sal hul ondervind,
maar help hul om hierteen te stry.
En dan sal jy sien hoe die saadjies bly groei;
jy sal elke dag meer vreugde kry.
(Sien ook Matt. 13:19-23; 22:37.)