LIED 72
Maak die Koninkrykswaarheid bekend
-
1. Dit was voorheen vir ons verberg
net wat Jehovah van ons verg.
Toe het lig ons wel bereik,
die waarheid van Gods Koninkryk.
Nou’s God se wil nie duister nie;
ons dien die groot Teokrasie.
Ons verkondig God se faam
en loof en eer hom weens sy grote naam.
Met elke mens wil ons nou praat,
van huis tot huis en ook op straat.
Die waarheid maak ’n mens nou vry;
dié wat dit volg, sal lewe kry.
Ons moet dus altyd hard probeer
om mense van Gods Woord te leer.
Mag ons voortgaan, jaar ná jaar,
totdat Jehovah sê die werk is klaar.
(Sien ook Jos. 9:9; Jes. 24:15; Joh. 8:12, 32.)