Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 73

Gee ons vrymoedigheid, Heer

Gee ons vrymoedigheid, Heer

(Handelinge 4:​29)

  1. 1. Van u Koninkryk getuig ons,

    en verkondig u groot naam.

    Daar is baie wat ons teëstaan

    en wat planne wil beraam.

    Maar ons wil nie mense vrees;

    ons is gehoorsaam aan u wet.

    Vir u gees smeek ons dus aanhoudend;

    o Jehovah, hoor ons gebed.

    (REFREIN)

    Gee vrymoedigheid aan ons, Heer,

    om te doen net wat u vra.

    Gee ons moed en die vertroue

    om u boodskap uit te dra.

    Armageddon lê vir ons voor;

    daar is min tyd vir mense oor.

    Gee vrymoedigheid aan ons, Heer.

    Dis ons gebed.

  2. 2. Daar is tye dat ons bang voel;

    ons is stof, dit weet u goed.

    Maar ons weet u sal ons bystaan,

    dit gee ons geloof en moed.

    As vervolgers ons dan dreig,

    sal ons met moed van u bly spreek.

    Met u hulp sal ons altyd voortgaan

    om getrou in u naam te preek.

    (REFREIN)

    Gee vrymoedigheid aan ons, Heer,

    om te doen net wat u vra.

    Gee ons moed en die vertroue

    om u boodskap uit te dra.

    Armageddon lê vir ons voor;

    daar is min tyd vir mense oor.

    Gee vrymoedigheid aan ons, Heer.

    Dis ons gebed.