Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 76

Hoe laat dit jou voel?

Hoe laat dit jou voel?

(Hebreërs 13:15)

  1. 1. Hoe voel jy wanneer jy

    in die veld bedrywig bly,

    as jy goeie nuus uitdra,

    want dis wat God jou vra?

    Ja, jy doen net jou bes,

    en ons God doen dan die res;

    want die Een wat harte lees,

    ken dié wat hom sal vrees.

    (REFREIN)

    Dit maak ons bly, dit laat ons juig

    om van Jehovah te getuig.

    Ons wil ons tyd aan sy diens wy

    en goeie nuus versprei.

  2. 2. Hoe voel jy wanneer jy

    nog opregte mense kry,

    as hul groot verand’rings maak,

    want jy’t hul hart geraak?

    Al wil party niks weet,

    sal ons steeds net aanhou preek;

    want met trots dra ons Gods naam,

    sal ons nooit daarvoor skaam.

    (REFREIN)

    Dit maak ons bly, dit laat ons juig

    om van Jehovah te getuig.

    Ons wil ons tyd aan sy diens wy

    en goeie nuus versprei.

  3. 3. Hoe voel jy wanneer jy

    weet dat God jou help en lei,

    ’n bediening aan jou gee

    en jou vertrou daarmee?

    Trots doen ons God se werk,

    ons bly moedig en bly sterk;

    want die stelsel gaan verby,

    ons moet Sy skape kry.

    (REFREIN)

    Dit maak ons bly, dit laat ons juig

    om van Jehovah te getuig.

    Ons wil ons tyd aan sy diens wy

    en goeie nuus versprei.