Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 81

Die lewe van ’n pionier

Die lewe van ’n pionier

(Prediker 11:6)

  1. 1. Dit is vroeg in die dag, en die son kom nog op;

    tog is ons al op pad

    en ons bid tot Jehovah vir krag.

    En al voel ons nog vaak, staan ons vroeg reeds op straat;

    baie loop net verby,

    maar vir dié wat wil praat, sal ons wag.

    (REFREIN)

    Ons het dié weg gekies;

    vir Jehovah leef ons.

    Wat hy vra, doen ons graag dag ná dag.

    Ons volhard, son of reën,

    want ons wil vir hom sê:

    “Ons sal u as ons Heer altyd eer en liefhê.”

  2. 2. Dit is laat in die dag, en die son sit al laag.

    Ons is moeg, maar ons dank God,

    wat ons ondersteun met sy krag.

    Daar’s geluk in ons hart, ons het ons bes gegee,

    en ons sien hoe Jehovah

    ons seën en ons help elke dag.

    (REFREIN)

    Ons het dié weg gekies;

    vir Jehovah leef ons.

    Wat hy vra, doen ons graag dag ná dag.

    Ons volhard, son of reën,

    want ons wil vir hom sê:

    “Ons sal u as ons Heer altyd eer en liefhê.”