Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 86

Ons moet geleer word

Ons moet geleer word

(Jesaja 50:4; 54:13)

  1. 1. Kom alle volke en leer nou van Jehovah.

    “Drink lewenswater”, so word ons genooi.

    Al God se kinders, dié wat geleer word,

    word nou gevoed deur die waarheid so mooi.

  2. 2. Moet tog nie nalaat om altyd te vergader.

    Dis waar ons leer om ons lewe te rig.

    Waar God se gees is, daar waar ons broers is,

    word ons versterk om te wandel in lig.

  3. 3. Saam sing ons lied’re met vreugde in ons harte!

    Dié wat geleer is, besing God se eer.

    O, mag ons altyd met hul vergader!

    O, mag ons altyd van ons Vader leer!