Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 9

Jehovah is ons Koning!

Jehovah is ons Koning!

(Psalm 97:1)

  1. 1. O, juig en loof ons God, Jehovah,

    want die hemel verkondig sy heerlikheid.

    Laat ons sing vir ons God en tot eer van sy naam.

    Ons oordink sy wonderlike werk.

    (REFREIN)

    Ja, Jehovah ons God het ons Koning geword,

    laat die hemel en die aarde juig!

    Ja, Jehovah ons God het ons Koning geword,

    laat die hemel en die aarde juig!

  2. 2. Vertel sy glorie aan die nasies;

    van sy groot reddingsdade wil ons getuig.

    Ja, Jehovah regeer, hy verdien al die eer;

    ons sal neerbuig voor sy grote troon.

    (REFREIN)

    Ja, Jehovah ons God het ons Koning geword,

    laat die hemel en die aarde juig!

    Ja, Jehovah ons God het ons Koning geword,

    laat die hemel en die aarde juig!

  3. 3. Sy heerskappy is nou bevestig.

    Hy het Jesus, sy Seun, op die troon geplaas.

    Ander gode is vals,

    het geen waarde vir ons,

    want die eer behoort aan God alleen.

    (REFREIN)

    Ja, Jehovah ons God het ons Koning geword,

    laat die hemel en die aarde juig!

    Ja, Jehovah ons God het ons Koning geword,

    laat die hemel en die aarde juig!