Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 92

’n Plek wat u naam dra

’n Plek wat u naam dra

(1 Kronieke 29:16)

  1. 1. Jehovah, dit was so ’n eer om

    dié plek te kon bou vir u naam!

    Ons wy dit aan u met groot blydskap;

    dit strek tot u glorie en faam.

    Die gawes wat ons u kan aanbied,

    het ons tog ontvang uit u hand.

    Ons arbeid, talente, besittings,

    gee ons u met vreug van ons kant.

    (REFREIN)

    Ons dra dié plek nou op aan u;

    hier sal ons u loof en eer.

    Hierdie gebou wy ons aan u,

    neem dit as u eie, Heer.

  2. 2. Ons loof u, ons hemelse Vader,

    en gee hierdie plek tot u eer.

    U glorie neem toe deur vermeerd’ring

    van dié wat u weë nou leer.

    Ons gee hierdie plek vir aanbidding;

    ons sal dit met trots onderhou.

    En lank mag dit staan as getui’nis,

    bewys van ons liefde getrou.

    (REFREIN)

    Ons dra dié plek nou op aan u;

    hier sal ons u loof en eer.

    Hierdie gebou wy ons aan u,

    neem dit as u eie, Heer.