Spring na inhoud

Jongmense vra

Is dit verkeerd om gewild te wees?

Is dit verkeerd om gewild te wees?

Vul die woord in wat die volgende stelling voltooi:

Dit is ․․․․․ goed om gewild te wees.

  1. A. altyd

  2. B. soms

  3. C. nooit

DIE regte antwoord is “B”. Waarom? Want om gewild te wees, beteken bloot dat baie mense van jou hou—en dit is nie altyd verkeerd nie! Die Bybel het voorspel dat Christene “’n lig van die nasies” sou wees en dat mense tot hulle aangetrokke sou voel (Jesaja 42:6; Handelinge 13:47). In hierdie sin kan daar gesê word dat Christene gewild is.

Het jy geweet?

Jesus was gewild. Selfs toe hy jonk was, het hy “guns by God en die mense” verkry (Lukas 2:52). En toe Jesus ’n volwassene was, “het groot menigtes hom uit Galilea en Dekapolis en Jerusalem en Judea en van oorkant die Jordaan gevolg”, sê die Bybel.—Matteus 4:25.

Waarom was dit nie verkeerd nie?

Omdat Jesus nie roem gesoek het of gewildheid nagejaag het nie, en hy was nie desperaat om ander se goedkeuring te verkry nie. Jesus het eenvoudig gedoen wat reg is—en soms het dit mense se guns gewen (Johannes 8:29, 30). Terselfdertyd het Jesus besef dat die goedkeuring van mense, wat dikwels van mening verander, net tydelik sou wees. Hy het geweet dat hulle hom later sou doodmaak!—Lukas 9:22.

Die slotsom:

Gewildheid is soos rykdom. Dit is nie altyd verkeerd om ryk te wees nie. Die probleem is eerder wat mense doen om dit te verkry—of te behou.

Waarskuwing!

Talle jongmense sal enigiets doen om gewild te wees. Party is mensebehaers wat die menigte volg. Ander is afknouers wat mense probeer dwing om hulle te bewonder—selfs al is dit net uit vrees. *

Op die volgende bladsye sal ons hierdie twee bedrieglike paaie na gewildheid bespreek. Dan sal ons na ’n beter pad kyk.

 

^ par. 12 Die Bybel praat van “die Nefilim”, afknouers wat ook “manne van naam” genoem is. Hulle het hoofsaaklik daarin belanggestel om hulle eie roem na te jaag.—Genesis 6:4.