Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

 VOORBLADONDERWERP

Die waarheid oor Allerheiligeaand

Die waarheid oor Allerheiligeaand

Word Allerheiligeaand (Halloween) gevier waar jy woon? In die Verenigde State en Kanada is Allerheiligeaand alombekend en word dit elke jaar op 31 Oktober gevier. Maar gebruike in verband met Allerheiligeaand word ook in baie ander wêrelddele gevind. Op party plekke word vakansiedae gevier wat ’n ander naam, maar soortgelyke temas het: kontak met die geestewêreld wat verband hou met die geeste van die dooies, feë, hekse en selfs die duiwel en demoonengele.—Sien die venster  “Vierings soos Allerheiligeaand oral in die wêreld”.

JY GLO miskien nie self aan bonatuurlike geeste nie. Jy beskou dalk die viering van Allerheiligeaand en soortgelyke feeste bloot as ’n manier om pret te hê en om jou kinders te leer om hulle verbeelding te gebruik. Maar baie mense beskou hierdie vierings om die volgende redes as skadelik:

  1. “Allerheiligeaand”, verduidelik die Encyclopedia of American Folklore, “hou ten nouste verband met die moontlikheid om in aanraking te kom met geestelike magte, en baie van hulle dreig mense of maak hulle bang.” (Sien die venster  “Tydlyn van Allerheiligeaand”.) Baie vierings wat  soortgelyk is aan Allerheiligeaand, is eweneens van heidense oorsprong en diepgewortel in vooroueraanbidding. Vandag nog gebruik mense regoor die wêreld hierdie dae om in aanraking te kom met sogenaamde geeste van die dooies.

  2. Hoewel Allerheiligeaand hoofsaaklik as ’n Amerikaanse vakansiedag beskou word, word dit elke jaar in al hoe meer lande gevier. Maar baie mense wat Allerheiligeaand begin vier, besef nie dat die simbole, versierings en gebruike wat met die viering te doen het, van heidense oorsprong is en dat die meeste daarvan met bonatuurlike wesens en okkulte magte verband hou nie.—Sien die venster  “Waar kom dit vandaan?”

  3. Duisende aanhangers van Wicca, wat eertydse Keltiese ritusse volg, gebruik nog steeds die eertydse naam Samhain vir Allerheiligeaand en beskou dit as die heiligste nag van die jaar. “Christene ‘besef dit nie, maar hulle vier ons feesdag saam met ons. . . . Ons hou daarvan’”, het ’n verklaarde heks volgens die koerant USA Today gesê.

  4.   Vierings soos Allerheiligeaand is in stryd met Bybelleringe. Die Bybel waarsku: “Daar mag nooit iemand onder jou wees wat . . . die toorkuns beoefen, wat ’n waarsêer, besweerder of towenaar is, wat gelukbringers gebruik, wat spoke of geeste raadpleeg of wat die dooies oproep nie.”—Deuteronomium 18:10, 11, The Jerusalem Bible; sien ook Levitikus 19:31; Galasiërs 5:19-21.

Met die oog op die voorgaande is dit verstandig om bewus te wees van die bose oorsprong van Allerheiligeaand en soortgelyke vierings. ’n Beter begrip hiervan sal jou moontlik beweeg om, soos baie ander, nie hierdie vakansiedae te vier nie.

“Christene ‘besef dit nie, maar hulle vier ons feesdag saam met ons. . . . Ons hou daarvan.’”—Die koerant USA Today, wat ’n verklaarde heks aanhaal

^ par. 37 Die Engelse woord hallow is ’n ou woord wat “heilige” beteken. Allerheiligedag is ’n vakansiedag ter verering van heiliges wat gesterf het. Die aand voor Allerheiligedag is All Hallow Even genoem, wat later verkort is tot Halloween.