Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Verdien enige godsdiens ons vertroue?

Verdien enige godsdiens ons vertroue?

As ’n sekere godsdiens jou teleurgestel het, is dit dalk vir jou moeilik om enige godsdiens te vertrou. Maar jy kan seker wees dat daar wel ’n godsdiens is wat jou vertroue waardig is. Toe Jesus op die aarde was, het hy ’n groep getroue volgelinge versamel en hulle geleer om volgens God se standaarde te lewe. Daar is vandag nog steeds ware volgelinge van Christus—pligsgetroue mense wat volgens Christelike standaarde probeer lewe. Waar kan jy hulle vind?

Estelle, wat in een van die vorige artikels genoem is, sê: “Ek het uiteindelik meer van die Bybel geleer toe ek saam met Jehovah se Getuies begin studeer het. Ek het gou besef wat die woorde in Johannes 8:32 beteken: ‘Julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.’”

Ray, wat ook vroeër genoem is, sê: “Toe ek die Bybel saam met Jehovah se Getuies gestudeer het, het ek geleer dat God nie vir menselyding verantwoordelik is nie. Ek was bly om te sien dat daar goeie redes is waarom God nou goddeloosheid toelaat en dat hy belowe om binnekort ’n einde daaraan te maak.”

Dit is natuurlik moeilik om teen die stroom van hierdie wêreld se lae sedelike standaarde te swem. Maar dit is moontlik. Baie mense wil graag hulp hê om die Bybel te verstaan en toe te pas wat dit leer. Daarom hou Jehovah se Getuies gratis tuisbybelstudies met miljoene mense regoor die wêreld. Elke week vind baie mense uit wat die Bybel werklik leer. Dit help hulle om nader aan hulle Skepper te kom en meer geluk in die lewe te vind. *

Vra Jehovah se Getuies gerus waarom hulle hulle godsdiens vertrou

Wanneer jy weer met Jehovah se Getuies in aanraking kom, kan jy hulle gerus vra waarom hulle hulle godsdiens vertrou. Ondersoek hulle leringe en lewenswyse. Besluit dan self of daar ’n godsdiens is wat jy kan vertrou.

^ par. 5 Vir meer inligting, sien die boek Wat leer die Bybel werklik?, uitgegee deur Jehovah se Getuies.